![]() |
|
Waar sal ek liefde vind? |
|
|
Daar is 'n wye verskeidenheid van enkellopende mense daarbuite van alle ouderdomme. Hulle verskil in terme van voorkoms, geloof, belangstellings, waardes en persoonlikheid. Dit is dus hoogs waarskynlik dat daar ten minste een ander enkellopende is wat sommer baie goed by jou sal pas. Navorsing bewys egter dat 'n verhouding met 'n persoon wat 'n soortgelyke opvoeding, waardesisteem, agtergrond en dieselfde sosiale belangstellings as jy het, 'n baie groter kans op sukses het. Soms word daardie persoon sommer heel toevallig in die supermark of by die werk ontmoet; vir ander brawes werk 'n toe-oog afspraak soms alte goed. Vir die jonges is klubs en uithangplekke ook 'n manier om mense te ontmoet. Nog 'n goeie ontmoetingsplek is daar waar mense belangstellings kan deel, soos byvoorbeeld by die kerk of sosiale klubs. Maar om egter te glo dat jou spesiale deksel net eendag gaan opdaag en aan jou deur klop, is bietjie naïef. Ons moet bereid wees om onsself oop te stel vir daardie deksel daarbuite, en om bietjie te waag en met ander te kommunikeer wat dieselfde behoeftes as ons het. Die feit is egter dat dit in vandag se gejaagde en onveilige wêreld nie so maklik is om ander te ontmoet nie – veral nie vir diegene wat nie meer jonk is nie, of effens teruggetrokke is, 'n veeleisende beroep het of dalk enkelouers is. Daar is professionele ontmoetingswebtuistes soos www.mypotsedeksel.com wat spesiaal ontwerp is vir, en gerig is op, enkellopende Afrikaanssprekende individue. Baie webtuistes spog met miljoene lede dwarsoor die wêreld. Hierdie is egter nie 'n voordeel nie want om die perfekte pasmaat tussen soveel uiteenlopende lede te soek is regtig soos om vir 'n naald in 'n hooimied te soek. Ander taalgroepe sal net nooit ten volle die unieke humorsin en sosiale gedrag van die Afrikaanssprekende kan verstaan nie. Om dus aan te sluit by 'n klub waar jy die kans het om iemand te ontmoet wat jou waardes, agtergrond, grappies en behoeftes verstaan, is baie meer voordelig as om met duisende individue te kommunikeer wat niks met jou in gemeen het nie. Die internet is 'n manier om ander te ontmoet en aan mekaar voor te stel, en vervang dus nie konvensionele verhoudings nie. Die geweldige groei in internet-afsprake en die groter aantal professionele en ouer mense wat by hierdie klubs aansluit, wys ook dat die stigma wat gekoppel is aan hierdie manier van kontak maak, besig is om te verdwyn. jougeskenke | |