September 2008

 

 


   My ewige pyn
 

joumenswees
hoofinhoud
terug na joumenswees
volgende artikel
vorige artikel


deur
Karin Bain

 

 

Die fibromialgie-lyer worstel met ewigdurende pyn in sy lyf – maar daar is maniere om dit te verlig

 


(grafika deur Rozanne Myburgh; Journal Girl Kira)

Wanneer jy met fibromialgie gediagnoseer word, sal jy met William Watson (1858-1935) saamstem: "Pyn het 'n duidend tande" – want jou hele lyf pyn - selfs ligte aanraking is pynlik.

Die siekte fibromialgie behels pyn van die spiere en veselweefsel, soos senings en ligamente, maar nie die gewrigte nie. Dit is 'n chroniese toestand en word soms ook fibromialgie-sindroom of FMS genoem.

Die "pyntande", soos Watson dit beskryf, byt op sekere drukpunte van jou lyf. Asof dit nie genoeg is nie, is jy nog gedurig in die oggend moeg en styf. Hierdie simptome val jou veral in die oggend erg aan, maar later in die dag begin dit beter word.

Buiten hierdie pyn, wat nie aan enige sistemiese siekte toegeskryf kan word nie, het jy ander probleme wat bydra tot jou chroniese moegheid: slegte slaap, gedurige hoofpyne, nek- en skouerstyfheid en dan dikwels nog 'n spastiese dikderm-sindroom.

Verskeie toestande word met fibromialgie verbind
Daar is toestande wat algemeen aan fibromialgie verbind word en wat ook behandel moet word. Dit is onder andere depressie, weens die verlaagde vlakke van serotonien en/of chroniese pyn, asook 'n prikkelbare dermsindroom en voedselallergieë. In 'n tydperk wat jou spastiese dikderm handuit ruk sal jou simptome van fibromialgie baie erg wees.
Hormoonversteurings soos 'n onderaktiewe skildklier, lae DHEA en kortisol en 'n verminderde groeihormoon moet uitgeskakel word. Selfs 'n hormoonwanbalans weens menopouse kan teenwoordig wees. 'n Tekort aan vitamien B (Pantoteensuur) moet ook na gekyk word en sluit die moontlikheid van Kandidiase uit.
Baie van dié toestande kan moontlik oorsake wees, of dalk net aan fibromialgie verwant wees. Die probleem met fibromialgie is dat dit baie moeilik is om te diagnoseer en nie duidelike oorsake het nie.

Volg spesiale dieetriglyne
Neem meer vesel in.
Herstel jou dermflora.
Skakel salisilate uit – dit kom in die volgende voor: aspirien, groente (tamatie, komkommer en soetrissies), vrugte (appels, appelkose, bessies, korinte en rosyne, druiwe en druiweprodukte, lemoene, perskes, pruime, nartjies, pruimedante en nektariens) en neute (amandels).
Volg 'n eliminasie-dieet om voedselintoleransie te beheer.
Sny kaffeďen, alkohol en suiker uit, want dit veroorsaak moegheid. Indien jy 'n simptoomrekord hou van die kos wat jy geëet het en van jou lewenstyl, sal jy self verbande kan identifiseer en leer hoe om dit te hanteer.

Gebruik vitamien-aanvullings en natuurlike middels
Die heel belangrikste natuurlike middels wat jy kan/moet gebruik is magnesium met appelsuur, SAMe of 5HTP, Koënsiem Q10 en druiwesaadekstrak.
Gebruik aanvullings om die pyn te verlig, slaaploosheid en spysvertering te verbeter, depressie en neerslagtigheid teë te werk of vir weefselherstel. Let daarop om nie twee antidepressante saam te gebruik nie, hetsy natuurlik of voorgeskryf – antidepressante het vele newe-effekte.

Vir pyn en depressie:
· Magnesium met appelsuur (malic acid) vir pyn en spierteerheid. Appelsuur is noodsaaklik vir die opname van magnesium.
· SAM-e, 'n natuurlike antidepressant, wat deur kliniese studies as effektief in die behandeling van fibromialgie-pyn aangetoon is en die gemoed verlig. Hierdie is my persoonlike voorkeur-natuurlike-preparaat vir depressie, maar dis baie duur.
· 5-HTP (5-hidroksiedtriptofaan) wat pyn verminder, oggendstyfheid verlig en slaapafwykings verbeter - dit verhoog die serotonien-vlakke in die brein.
· Rooi peper- (capsicum) room. Die aanwending van 'n room met 0.025% aktiewe cayenne, 4 keer per dag op die teer punte, vir ongeveer 4 weke sal help om die teerheid te verlig.
· Vitamien B6 en B12 kan vir energie en chroniese moegheid gebruik word.

Vir selhernuwing en –herstel:
· Koënsiem Q10 verhoog die suurstofvoorsiening aan spiervesels en dit is 'n kragtige antioksidant.
· Gebruik visolie wat groeifaktore voorsien.

Ontgiftiging:
Raak van gifstowwe ontslae deur die lewer se detoksifisering-funksie te verbeter. Gebruik aanvullings soos alfa-lipoďensuur, wat ook 'n antioksidant is, en milk thistle.

Vir beter dermfunksie/spysvertering:
· L-glutamien herstel die dermslymvlies, bevorder spierherstel, gee energie aan spiere en stimuleer jou groeihormoon.
· Vitamien B5 herstel ook die dermwand en help met die metabolisme van koolhidrate, proteďene en vette. Daar is bevind dat Vitamien B5 ook vir spierkrampe help.
· Vervang ensieme, bikarbonate en neem betaďen-hidrochloried-suur (HCL).

Gebruik kruie:
· Druiwesaadekstrak is 'n kragtige antioksidant met natuurlike anti-inflammatoriese eienskappe.
· Devil's claw is 'n pynstiller en anti-inflammatoriese middel. Dit bevorder spysvertering, want dit help jou liggaam om voedingstowwe beter op te neem.
· Essensiële olies, soos laventel, bloekom, tiemie, denne en kamille, kan gebruik word vir spierverslapping en -ontspanning. Gebruik dit vir massering en gooi dit in jou badwater.

Lewenstylaanpassings is baie belangrik
Maak seker dat jy ten minste agt ure per dag slaap en ses tot agt glase water drink.
Doen daagliks oefeninge om die bloedsirkulasie in jou spiere en vel te verbeter, soos ontspanningsoefeninge, strek- en soepelheidsoefeninge, joga of lae impak aërobiese oefeninge. In geval van erge moegheid, kan massering ook help. Neem in die oggend 'n warm bad of stort om jou teer spiere te streel, wat ook jou bloedsirkulasie bevorder en spierstyfheid verlig.
Ander soorte massering en terapie is akupunktuurbehandeling en drukpunt-terapie.
Vir die emosionele behandeling van fibromialgie is dit belangrik om by 'n ondersteuningsgroep aan te sluit. Identifiseer jou stressors. Maak 'n lysie en begin om hulle een vir een te hanteer. Vermy dit om negatiewe emosies te ontken en/of te onderdruk - dit verhoog jou spanning.

Baie sterkte aan enige een wat aan dié sindroom ly. Streef voortdurend daarna om dit te beheer. "Die lewe is vol pyn; maar ook vol mense wat pyn deurlewe en daardeur gegroei het." Helen Keller (1880-1968)


 

Fibromialgie versus fibrositis:
Alhoewel fibromialgie dikwels fibrositis genoem word moet dit van dié toestand onderskei word.
Fibrositis is inflammasie in die fibreuse weefsel van spiere, gewrigskapsels, ligamente en tendons. Dit duur net 'n paar dae, maar wanneer dit opklaar laat dit harde, onelastiese areas onder die vel. Die oorsaak daarvan is onbekend. Dit word deur lokale hitte, massering en aspirien behandel.

Diagnose van fibromialgie:
Pyn vir 3 maande of langer op 11 van die volgende punte wat pynlik is met ligte drukking:
· Net onder die haarlyn, aan weerskante van jou nek
· Bokant sleutelbeen, aan weerskante van jou nek
· Onder jou sleutelbeen, aan weerskante van jou borskas
· Op die rug, regs of links, waar jou nek en skouer bymekaar kom
· Tussen jou skouerblaaie, op enige kant van jou borug
· Binnekant van enige arm, waar dit buig by jou elmboog
· Enige kant van jou laer rug, net onder jou middel
· Enige kant van jou boude, net onder jou heupbene
· Op enige een van jou knieskywe
· Op die onderkant van jou voete

Die pyn moet aan weerskante van jou liggaam voorkom, bo en onder jou middel langs die lengte van jou werwelkolom.

Tesame met die bogenoemde pyn moet jy ook die volgende hę:
· Moegheid
· Oggendstyfheid
· Slaapversteurings
· Ongevoeligheid en prikkels (naalde en spelde gevoel in hande en voete)
· Hoofpyn

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joumenswees
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!