joumenswees

 

Vat eksamentyd vas

 

Wanneer jou kind se liggaam gesond en gevoed is, is die stryd teen die eksamen al halfpad gewen. Dié nodige vitamien-aanvullingswenke kan die knoop dalk net deurhaak!

 

deur Karin Bain

karinbain@gmail.com

 

Ouers raak dikwels so vasgevang in hul eie gejaagde lewens vol spanning, werk en ander verpligtinge, dat hulle nie hul kinders se tamheid raak sien nie. Maar dit is nou eksamentyd, en jou kinders het juis nou al die ondersteuning nodig wat hulle kan kry.

Wanneer jou kind se liggaam gesond en gevoed is, is die stryd teen die eksamen al halfpad gewen. Dié nodige aanvullingswenke kan die knoop dalk net deurhaak!

 

Vir lang-werkende konsentrasie en geheue

 

*Omega 3-olies verbeter geheue en konsentrasie.

*'n Minerale-aanvulling met Sink sal die opname van Omega-3 visolie verbeter.

*Gingko Biloba is ook bekend vir sy vermoë om konsentrasie te verhoog en geheue te verbeter.

*2 - 3 koppies koffie kan goed wees om die brein "wakker" te hou en vinnig te laat dink. Maak jou kind dus wakker met 'n koppie koffie, en laat hom nog 'n koppie drink net voordat sy leersessie begin.

*Mag. Phos. (weefselsout) nr. 8 verbeter geheue, konsentrasie asook spanning.

*Kali. Phos. nr 6 senuwee voedingryke-weefselsout bevorder goeie neurale funksionering.

 

Vir energie

 

*Eet 'n stuk kaas, bietjie joghurt, of 'n eier saam met jou gewone ontbytkos. (Ek hoop jy eet ontbyt?) Jy kan ook 'n klein pakkie grondboontjies, neute, biltong, droë wors of 'n driehoek-kasie in die kosblik pak. Die energie uit proteïene hou baie langer en gee as't ware vir jou brein kos.

*Vitamien B-kompleks help met die oordrag van senuwee-impulse. As jy tam is en energie nodig het om te leer, is dit beter om Vitamien B te drink in plaas daarvan om aanhoudend koffie of ander stimulerende drankies te drink.

 

Vir slaap en rus en kalmte

 

*Indien jy besluit op 'n Kalsium- en Magnesium-aanvulling, is dit raadsaam om dit voor slaaptyd te gebruik, want dit laat jou beter slaap en dit word ook dan beter opgeneem.

*Magnesium is 'n mineraal wat jou senuwees voed, daarom help dit ook om spanning te verlig.

*Kamille het 'n kalmerende uitwerking op die brein en die liggaam. Drink voordat jy gaan slaap, die dag voor die eksamen.

*Stressless – 'n tonikum met vitamiene uit die B-groep om senuwees te voed en te help met stresverwante toestande soos swak konsentrasie, moeë denke en geïrriteerdheid.

*Verseker dat jou brein afskakel wanneer jy gaan slaap. Jy kan nie die werk die hele nag oorgaan nie. Om jou brein te help om af te skakel moet jy ontspanningsoefeninge doen voor jy gaan slaap.

 

Laaste raad

 

*Die eksamen is hier – aangesien jy die aanvullings as 'n noodsaaklike boost gaan gebruik, raai ek aan dat jy die maksimum dosis gebruik.

*Fokus op een ding op 'n slag en produktiwiteit sal jou wins wees.

 

 

 

Lees ook Naomi Myburgh se artikel, Matrieks en die eindeksamen, waar 'n paar jongmense van die Wes-Kaap hul ervaring van die matriek-eindeksamen deel.