|
* Verstaan en ken die siekte
Berei jou voor op die veranderinge wat gaan plaasvind
tydens die siekte deur kennis in te win oor, en
die verloop van, die siekte. Dit sal jou help om
meer geduldig teenoor die pasiënt te wees met
die besef dat die persoon nie aspris of
skoorsoekend is nie.
* Gaan die ander wêreld in
Moenie die pasiënt voortdurend korrigeer nie. Vra
vrae oor sy bisarre stellings en gesels saam oor
persone wat alreeds oorlede is. Dit sal julle
albei se frustrasie verminder. Koester
herinneringe van voor die siekte.
* Behou balans
Help jou naasbestaande om so lank as moontlik
selfstandig te bly sonder om 'n gevaar vir
homself te wees. Tree in sodra daar 'n
veiligheidsrisiko is.
* Kry ondersteuning
Vra hulp by familie en vriende om sodoende 'n ruskans
te kry. Sluit aan by 'n ondersteuningsgroep
sodat jy ander se stories kan hoor. Jy sal dan
ook besef dat jy nie alleen is nie, en dat jou
gevoelens algemeen by versorgers voorkom. Jy
moet jouself ook versorg. Waak teen depressie en
uitputting.
* Delf in hulpbronne
Kry professionele advies by opgeleide persone om jou
te help met praktiese, maar tog ook emosionele,
pligte – soos bejaarde regsaangeleenthede,
"power of attorney", bate-bestuur of die opstel
van 'n testament.
* Beheer die omgewing
Skep 'n rustige, positiewe omgewing met min
veranderinge en 'n duidelike roetine. Hoë
geraasvlakke en wanorde maak die pasiënt angstig
en geïrriteerd.
* Kommunikeer effektief
Gee duidelike opdragte wat kort en saaklik is. Let op
jou spraaktempo en stemtoon.
* 'n Oop liggaamshouding
Hou jou liggaamstaal positief en ontspanne. As
jy gespanne is sal die pasiënt heel moontlik
daarop met aggressiwiteit en onsekerheid reageer.
|