WIE IS ONS? | GRATIS NUUSBRIEF | MEDEWERKERS | ADVERTEER
jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd

Daar is altyd hoop

ST Potgieter Staan op vir jouselfwen
5 Gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van ST Potgieter se boek, Staan op vir jouself, wen..
Skryf só in.
 dr. ST Potgieter

deur dr. ST Potgieter




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend









Hoeveel keer in die lewe voel 'n mens nie mismoedig nie? Maar jou swaarkry vandag is dalk die voorbereiding vir môre, om die geleentheid aan te gryp wat hom dalk mag voordoen.

Herman was 'n musiekdosent by die universiteit – hy was geliefd en goed in sy werk, maar niemand het eintlik iets van sy verlede geweet nie. Een aand tydens 'n musiekkonsert het die beroemde pianis wat gespeel het, skielik siek geword terwyl hy met die uitvoering van 'n besondere moeilike musiekstuk besig was.
Die pianis is van die verhoog gehelp, en almal het gedink dit is die einde van die uitvoering.
Maar toe staan Herman in die gehoor op, stap na die verhoog en gaan sit voor die klavier. Almal was verstom oor wat volgende gaan gebeur, maar Herman het met groot gemak en meesterskap die klavierspel voltooi. Later die aand het een van sy studente vir Herman gevra hoe hy dit reggekry het sonder vooraf kennisgewing of oefening.
Hy het geantwoord: "In 1939 was ek 'n ontluikende jong pianis. Ek is gearresteer en in 'n Nazi-konsentrasiekamp gegooi. Om dit sag te stel, die toekoms het maar bleek gelyk. Maar ek het geweet om die vlammetjie van hoop – dat ek eendag weer sou kon klavierspeel – lewendig te hou, ek elke dag sou moes oefen. Ek het met my vingers die note op my plankbed geoefen en so tot laat in die nag my hele repertoire gespeel. Ek het vir vyf jaar so aangegaan. Dit het nou maar net so gebeur dat die stuk wat ek vanaand moes speel, deel was van daardie repertoire. Die gereelde oefening is die ding wat my hoop lewendig gehou het. Elke dag het ek my hoop hernuwe dat ek eendag weer op 'n regte klavier musiek sou kon maak met absolute vryheid."

Hoeveel keer in die lewe voel 'n mens nie mismoedig nie? Jy is in 'n situasie gegooi wat die toekoms donker maak. Jy verstaan nie die teenspoed wat oor jou pad gekom het nie. Jy is vasgevang in omstandighede waar jou talente en menswees nie tot sy reg kom nie. Waarom gebeur die slegte dinge dan met jou?
Baie mense gooi tou op wanneer hoop verdwyn. Jy raak kwaad oor jou omstandighede óf jy wil net lê en huil oor die put van ellende waarin jy beland het. Jy is sonder antwoorde, sonder hoop en met moedeloosheid in jou hart en siel.

'n Sprankie wysheid vir die dag

Die beste voorbereiding vir môre se goeie werk is om vandag goeie werk te doen (Elbert Hubbard)

Maar doen wat jy binne jou situasie kan doen. Moenie moed opgee nie. Oefen jou talente en vaardighede en ontwikkel steeds jou vermoëns, al is die tyd en omstandighede teen jou. Miskien verstaan jy dit nie vandag nie, maar wie kan die toekoms sien? Dalk is jou huidige omstandighede net 'n voorbereiding vir môre. Miskien skep jou aanhou en uithou vandag vir jou die tegniek en kennis om môre se situasies te kan hanteer.

Dit laat my dink aan wat Kenneth Hildebrand gesê het: "Sogenaamde geluk is gewoonlik daar waar voorbereiding en geleentheid ontmoet."
Jou swaarkry vandag is dalk die voorbereiding vir môre om die geleentheid aan te gryp wat hom mag voordoen.
Moenie tou opgooi nie. Jou deursettingsvermoë om steeds die regte ding te doen, ongeag van jou omstandighede, help jou gedagtes om die negatiewe uit te skuif en dit gee vir jou positiewe energie en hoop vir die toekoms.

jougeskenke

5 Gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van ST Potgieter se boek, Staan op vir jouself, wen. SMS die woorde JW STAAN tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Mei 2010. SMS’e kos R5.00 elk.

Lees ook die kompetisiereëls.

Dr. ST Potgieter is 'n opvoedkundige sielkundige van Bellville. Hy beantwoord graag jou navrae oor hiérdie onderwerp, asook enige ander sielkundige of emosionele probleem waarmee jy worstel.

Stuur aan hom 'n e-pos by st@pitkos.co.za.
Of sluit aan by ST se Pitkos op Facebook.











ST Potgieter Staan op vir jouselfST is ook die skrywer van die boek, Staan op vir jouself wat deur Naledi uitgewers uitgegee word. Die boek is vir elkeen wie se hart, siel en liggaam vertrap is en weer wil opstaan en die lewe aandurf. ST verduidelik dit só: “Dit het tyd geword om die juk van vernedering, seerkry en mislukking af te skud, jou drome te vind en jou eer te herstel. Dit het tyd geword vir die ontwaking van jou siel, liggaam en gees.
Staan op vir jouself kos R129.00 en die ISBN is 978-0-620-44916-8.

Vir meer inligting, kontak Naledi by naledi@mweb.co.za of besoek www.naledibooks.co.za
Kommentaar aangedryf deur Disqus
e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na joumenswees
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke |
gratis nuusbrief | medewerkers | adverteer | wie is ons?

Kopiereg © 2008-2010