|
|
|

September 2008 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|

deur
Herman van Bon
|
|
Selfs 'n vetplanttuin benodig
voortdurende onderhoud – veral
tydens die reënseisoen. |
 |
|
By Soekershof in Robertson word
vetplante voortdurend met liefde
en aandag ondersoek en versorg.
|
|
|
Ongelukkig verkeer baie tuiniers onder die
indruk dat 'n vetplanttuin – wat water-ekonomies
is – ook onderhoud-ekonomies moet wees.
Dit is egter nie die geval nie!
Onderhoud en versorging bly 'n baie belangrike,
en voortdurende, proses as jy 'n sukses van jou
vetplanttuin wil maak.
Dit is veral tydens die reënseisoen van uiterste
belang dat die akkers gereeld geskoffel en die
grondkors gebreek moet word.
Wanneer die weervoorspelling stygende
temperature in die vooruitsig stel, veral na
afloop van 'n paar reëndae, is dit vir die
vetplant-tuinier die teken dat die grond rondom
die vetplante met 'n skoffelgrafie lug gegee
moet word.
Dit laat die vog vinniger verdamp en hou die nek
droog, en sal verseker dat die oormaat water
tydens 'n volgende reënbui vinniger dreineer.
Dit sal ook gedeeltelik help met die voorkoming
van onkruid, omdat die grond vinniger uitdroog
en onkruidsaad normaalweg nie in droë grond
ontkiem nie.
Tydens die grond-bewerking van die akkers, moet
die vetplante ook sommer ondersoek word: voel
aan die nek van die plant, net onder die
grondoppervlak, en maak seker dat die weefsel
steeds vlesig is. 'n Sagte nek is 'n teken dat
die plant 'n oormaat water kry en besig is om te
verrot.
|
|
Herman van Bon is mede-eienaar van die
Soekershof-kwekery in Robertson, Wes-Kaap. Die
verskillende vetplanttuine van Soekershof (wat,
sonder die kwekery, 'n gebied van 11 000 m²
bedek) spog met 'n versameling van meer as 2 400
verskillende geregistreerde vetplantspesies.
Soekershof is veral bekend vir sy groot doolhof,
met uitbeeldings van plaaslike stories oor
volksoorlewering as bakens tussen die lanings.
Publieke toere en praatjies word ook deur
Soekershof aangebied.
Vir meer inligting hieroor, of advies oor jou
vetplanttuin, besoek hulle by
www.soekershof.com, stuur 'n e-pos aan
info@soekershof.co.za, of kontak hulle op
023 626 4134. |
 |
|
|
e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy
uit
het
jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
|
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel |
|
|
|
Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!
|
|
|
|
|
|
|