September 2008

 

 

  Dek dit uitspattig

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rozanne & Wilna Myburgh

So, jy het uiteindelik besluit om 'n pienk partytjie te hou? Vat die tema nóg verder met ons versier-idees! Probeer sommer, vir nog meer pret, om alles, sover as moontlik, self te maak. Ons het gepoog om die tafelversierings so goedkoop en maklik moontlik te maak. Jy kan gerus met nog idees eksperimenteer – stuur sommer vir ons 'n foto van jou suksesverhaal!


(foto's deur Rozanne Myburgh)
Vinnige skakels
Tafeldoek
Servette
Servetringe
Sjiffon-buitegordyn
Tafelversierings
Hoe om papierblomme te maak
Naamkaartjies
Vars blomme vir die tuin
Gaste
Musiek

Tafeldoek

Die tafeldoek is uit die aard van die saak die basis waarop die res van jou versierelemente gaan volg. Ons het in die plaaslike materiaalwinkel gaan rondloop op soek na pienk-inspirasie. En soos die foto's bewys – ons het dit gekry!
 

Servette

Ons servette is van dieselfde lap as die tafeldoek gemaak. Met 'n gekoopte papierservet, in 'n blom-ontwerp, daarmee saam lyk dit heel prettig.

Om lapservette te maak: Sny blokke van 38 cm x 38 cm. Maak 'n dubbelsoom en stik vas.

Servetringe

Al wat jy nodig het om jou eie servetringe te maak is kraletjies, juweledraad, 'n tang en 'n klein bietjie tang-vernuf. Knip die draad in ongeveer 30 cm-stukke. Rol dit om 'n leë toiletrol om 'n spiraal te vorm. Buig die een eindpunt om met jou tang, sodat die kraletjies nie uitval nie, en begin om hulle in te ryg. Eindig dit met 'n groter kraal af. En daar het jy dit! Jy het nou net baie geld gespaar!
 


 

Sjiffon-buitegordyn

Ons het stroke van 25 cm by 150 cm sjiffon gesny en vinnig met die omkapmasjien omgesoom. Die volgende stap is om 'n rygsteek aan een kort kant te maak sodat die stroke lap aan 'n tou geryg kan word. As alternatief, kan jy lang stroke sjiffon van een tak na 'n ander in die boom vasmaak.

 

 

Tafelversierings

Die winkels is vol gekleurde riete en nagemaakte papierblomme – ons het dit in 'n bondel vasgehou en 'n rekkie om dit gebind. Dan balanseer jy dit op die tafel deur van die stokke verder van die middel af staan te maak. Ons het ekstra papierblomme (sien onder) gemaak en tussenin gesit.

Hoe om papierblomme te maak

Sny kreukelpapier in vierkante van 25 x 25 cm. Kry die middelpunt. Hou dit aan die middelpunt vas en draai dit 'n paar keer om die begin van die stingeltjie te maak, wat jy aan kan vashou om die blom verder te maak. Begin dan die punte terug te vou na die middelpunt, van bo na onder om die blom te vorm. Vat dit alles met 'n koperdraadjie vas wat dan ook die stingel klaar vorm.
 

Naamkaartjies

Ons het die papierblommetjies ook in naamkaartjies verander, deur al die gaste se name op mooi pienk papier (wat anders?) uit te druk, uit te knip en dit deur die koperdraadjie-stingels te ryg. Dit is ook by die middelstuk gebruik (sien bo).
 

Vars blomme vir die tuin

Ons het pragtige pienk petunias by die kwekery gaan koop. Dit is glad nie duur blomme nie – en ook nie die enigste vrolike blomme wat jy by die kwekery gaan raakloop nie. Ons het 'n sjiffon-strook om elkeen gebind en dan 'n groot strik daarmee gemaak. Jy kan dit ook rond en bont in jou tuin of in bakke plant om die impak van die kleur te kry.
 

Gaste

Ja, jy het reg gelees. Wanneer jy jou gaste na die lente-partytjie nooi, vertel hulle van die tema en motiveer hulle om iets pienk aan te trek - want niémand kry toegang sonder iets pienk aan nie! Jy hoef beslis nie hierdie partytjie net vir vriendinne te hou nie – mens kry pienk klere vir die hele gesin!

Musiek

Enige opgewekte, vrolike lente-musiek behoort in die gees van pienk gespeel te word.
 

Stuur jou foto's, vrae of idees na Rozanne

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!