|
So, jy wil 'n bruin vel hê? Natuurlik! En jy wil
dit op die veilige manier doen? Mooi, volg dan
die volgende 7 wenke vir optimale
selfverbruining. As al hierdie stappe egter vir
jou na te veel werk klink, gaan na jou naaste
salon en probeer hul aanspuitverbruining.
1.
Wat?
Om selfverbruiningsprodukte suksesvol te gebruik, moet
jy eers verstaan hoe dit werk.
Selfverbruiningsprodukte is so ontwerp om aan
die buitenste laag van jou vel te kleef. Maar
omdat die selle op jou vel gedurig doodgaan, hou
meeste selfverbruiningsprodukte net 'n week.
2.
Toets
Velkenners beveel aan dat jy eers die produk op
'n klein stukkie van jou vel toets vir ingeval
jy dalk allergies is.
3.
Voorbereiding
Skrop jou vel behoorlik met 'n loofah om
van al die dooie selle ontslae te raak.
4.
Maar hoe?
Mmm . . . volg die instruksies noukeurig.
Selfverbruiningsprodukte moet met stadige,
doelbewuste bewegings aangewend word. Onthou ook
van die agterkant van jou knieë, jou elmboë
en enkels.
5.
Was jou hande
Sorg dat jy jou hande was want daar is min dinge
so erg soos verbruinde handpalms.
6.
Wag
Wag 5 minute voor jy jou vel laat nat word en
laat 4 - 6 ure toe voor jy in die bad spring.
7.
Nasorg
'n Droë vel sal vinniger as 'n bevogtigde vel sy
mooi bruin kleur verloor – so hou maar jou room
byderhand.
Probeer hierdie produkte:
|