|
Suid-Afrikaanse talent pronk op die
internasionale loopplank – en jouwęreld
bied jou 'n vinnige kykie in dié besonderse
reeks vir die vrou met 'n voller figuur
Nadia Lemmer, 'n finale jaar modeontwerpstudent
aan die Cape Peninsula University of Technology,
het in Oktober haar reeks Grandma’s Secrets
by die L'Oreal Modeweek in Toronto, Kanada, ten
toon gestel.
Sy is een van vyf studente vanaf verskillende
lande wat na dié geleentheid uitgenooi is.
Nadia, wat al talle toekennings gewen het,
spesialiseer in die ontwerp van klere vir vroue
met 'n voller figuur. Sy verduidelik haar
ontwerpfilosofie so: "Ek dink enigiets en
enigiemand kan pragtig wees. Jou ontwerp kan
eenvoudig of ingewikkeld wees, want die klere is
slegs 'n objek wat tot die draer se identiteit
bydrae."
In Nadia se reeks word alles van ouma weerspieël:
van haar geheime resep vir koekies, die kant van
haar trourok, die strikkie op haar bloomers
tot haar spesiale versameling teelepels.
Andrew Jennings, die besturende direkteur van
verkope by Woolworths wat Nadia gehelp het om
aan die Modeweek deel te neem, het gesę dat 'n
uitnodiging om aan 'n internasionale geleentheid
soos dié deel te neem, bied 'n groot uitdaging
en geleentheid vir die jong ontwerper en kan 'n
baie positiewe invloed op haar toekoms hę.
Woolworths, wat ook dié jaar die
Verantwoordelike Verkoper van 2008-toekenning
gewen het, ondersteun die plaaslike
ontwerp-industrie deur hul Making the
Difference through Design-program. |