|
Die tafelloper word van gordynmateriaal
gemaak. Wees kreatief en verander die
blokke en kleure na jou eie voorkeur.
Gebruik teksture wat bymekaar pas. As
die gogga jou eers gebyt het, gaan jou
al jou vriendinne met tafellopers bederf.
Geniet dit!
Die finale grootte is ongeveer 142 cm.
Daar is vir 'n 1 cm – naattoelating
voorsiening gemaak. Ek het my tafelloper
met 'n omkapmasjien gemaak. Onthou -
omdat die naattoelating van die
omkapmasjien kleiner is, is die
tafelloper groter.
Benodighede:
●
Indien al die materiale 115 cm wyd is, en jy drie
verskillende materiale (soos in die
diagram) gebruik, moet jy die volgende
hoeveelhede aankoop:
●
Kleur A: 25 cm
●
Kleur B: 50 cm
●
Kleur C: 25 cm
●
Voering: 150 cm x 45 cm
Indien die materiaal 150 cm breed is, hoef jy net 45 cm te
koop, indien dit egter 115 cm breed is,
moet jy 150 cm koop.
●
2 tossels (opsioneel)
Instruksies:
Volg Diagram A (wat onderaan verskyn)
terwyl jy die materiaal uitknip en
vaswerk.
●
Kleur A Knip 2 blokke van 25 cm x
25 cm elk (A1 en A2)●
Kleur B
- Knip 1 blok van 25 cm x 25 cm (B1)
- Knip 2 stroke van 89 cm x 10 cm elk
(B2 en B3)
- Knip 2 reghoeke van 22 cm x 42 cm elk
(B4 en B5).
Om die driehoeke te maak merk die
middelpunt van een lang sy van elke
reghoek, trek lyne na die teenoorstaande
hoeke en knip die driehoeke uit.
Volg Diagram B.
●
Kleur C Knip 2 stroke van 10 cm x
25 cm elk (C1 en C2)
Knip 2 stroke van 10 cm x 41 cm elk (C3
en C4)
Nadat jy al die dele uitgeknip het, pak
dit volgens diagram A uit.
Nou kan jy begin stik.
Begin by die middelstrook en stik die
dele as volg vas:
1.
Stik A1, C1, B1, C2 en A2 aanmekaar
vas.
2.
Stik B2 en B3 aan die middelstrook vas.
3.
Daarna stik jy C3 en C4 aan die punte
vas.
4.
Stik driehoeke B4 en B5 vas
Pars die nate plat.
Steek die gestikte lap op die
voeringmateriaal vas en knip uit sodat
dit dieselfde grootte is.
Sit die regte kante opmekaar en ryg vas.
Stik.
Los 10 cm van die naat by die lang kant
oop.
Dop om en werk met 'n glipsteek vas.
Pars die loper.
Werk die tossels aan die punte vas.
Neem 'n foto – jy het 'n pragstuk
gemaak.
Jy kan foto's van jou loper na jouwęreld
stuur, om by ons almal te spog.
|