Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




RESEP: Spekburger met sampioensous en uieringe    

jouleefstyl


deur
Wilna Myburgh

As jou smaakkliertjies nou vir jou sę hulle is lus vir ‘n lekker spek-hamburger, troos hulle met dié resep!

 
  (Foto deur Rozanne Myburgh)

Ja, ons maak takeaways, tuis! Die burger is effens anders, aangesien die spek sommer in die patty is. Dis heerlik met sampioensous en uieringe. As dit jou egter na die naaste wegneemete-restaurant toe wil laat hardloop, dink – tamatiesous en chips!

Die uieringe: Sny 2 mediumgrootte uie in skywe van ongeveer 5 mm. Maak die uieringe los van mekaar en laat hulle in water lę.

Meng 'n Ľ-koppie mielieblom en 'n ľ-koppie koekmeel in 'n bak. In 'n ander bak meng 'n ľ-koppie water met 1 eier. Klits, met 'n draadklitser, die vloeistof stelselmatig by die meel om 'n gladde deeg te vorm. Hou nou eenkant terwyl jy die maalvleis voorberei.

Die burger: Plaas 500 g maalvleis in 'n mengbak en voeg die volgende by: 5 ml mosterdpoeier, 5 ml origanum, 30 ml tamatiesous, 1 eier, ongeveer 3 ml sout en swart peper. Sny 100 g strepie-spek in klein stukkies en voeg dit by die ander bestanddele. Meng al die bestanddele deeglik – dit werk die beste om dit met die hand te doen. Vorm nou 4 groot patties. Braai in ongeveer 30 ml olie. Afhangend van die dikte en hitte neem dit tussen 15 en 20 minute. Gaan solank met die res van die resep aan terwyl die patties gaar word.

Die sous: Sny 150 g sampioene in skyfies. Verhit 15 ml olie en braai die sampioene. As hulle begin verbruin voeg 15 ml botter of margarien by. Sodra die margarien gesmelt het, voeg 15 ml meel by en roer tot dit ingemeng is. Voeg nou geleidelik 150 ml melk by. Roer aanhoudend tot dit gemeng is en daar geen klonte is nie. Voeg ook 5 ml sojasous of Marmite by. Kook vir 3 – 5 minute – die sous moet glad en verdik wees.

Om die uieringe te braai: Verhit olie in 'n pot wat geskik is vir diepvetbraai of in 'n elektriese diepvetbraaier tot 180°C. Gooi ongeveer 30 ml koekmeel in 'n sakkie of 'n bakkie. Haal die uieringe uit die water en skud die oortollige water af. Gooi nou die uieringe by die meel en skud of meng tot alles met meel bedek is. Meng die uieringe met die deeg – 'n tafelmes werk goed daarvoor. Wanneer die olie gereed is braai 'n klompie uieringe op 'n keer tot goudbruin aan albei kante. Gebruik 'n vurk om die uieringe om te draai en uit te haal. Dreineer op handdoekrol.

Noudat al die bakke in jou huis vuil is, haal papierborde uit, sny die broodrolletjies oop, bou jou burger en – geniet!

*Om te toets of jy genoeg sout in die maalvleis het: knyp 'n klein stukkie vleis af en braai dit gou in 'n pan. Proe en pas die hoeveelheid sout daarvolgens aan. Onthou altyd dat dit baie makliker is om nog sout by te voeg as om te veel sout te probeer verdoesel.
 

 

 Druk hierdie bladsy uit 
  Creative Commons License
jouwęreld e-tydskrif resepte deur Wilna Myburgh is gelisensieer onder Creative Commons Erkenning-Niekommersieel-Onveranderd 2.5 Suid-Afrika License.
 
 

Vir meer inspirasie koop dié boeke op kalahari:


 

 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]