|
jouleefstyl
Speel veilig met jou vel
Die gevare van die somerson in Afrika is alombekend – so wees slim: tan veilig, beskerm jou vel teen sonskade en vermy velkanker.
Deur Rozanne Myburghwebmeester@jouwereld.co.za
Waaroor is al die bohaai?
Veilige vel-wenke:
1. Begin jou sonbrandroetine met kort sessies in die son – 10 tot 15 minute behoort genoeg te wees. Dit gee jou vel die geleentheid om aan die son en hitte gewoond te raak. 'n Stadige proses sal ook sonskade verminder. 2. Kies die regte sonskerm – met 'n SPF van minstens 8 - 15. 3. Bevogtig jou vel goed met room nadat jy jouself in die son losgelaat het. Probeer veral produkte wat ryk in aloe is. 4. Onthou, hoe ligter jou vel, hoe versigter moet jy wees. 5. Sit jou sonbril op – jou oë kan maklik sonskade opdoen. Maak dubbel seker deur 'n sonbril van minstens UV400 te kies. 6. Moenie van jou lippe vergeet nie – die vel op jou lippe is baie sag en kan maklik in die son beskadig word. 7. Vermy die son op die warmste tyd van die dag – die intensiteit van die son verbeter nie jou verbruining nie, dit vergroot net die kans dat jy rooi gaan brand. 8. Jy kan nie vir die son in die water wegkruip nie – water reflekteer sonlig en jou kanse is nog beter om eina-rooi te brand. Sorg dan ook dat jou sonskermmiddel waterbestand is, en sit dit uurliks aan. 9. Vir sportvroue of ywerige tuiniers is dit belangrik om beskermende kleredrag soos hoede, sonbrille en hemde te dra. 10. As jy 'n sensitiewe vel het, maak seker dat jy 'n sonskermmiddel koop wat nie jou vel sal irriteer nie. Daar is hipo-allergiese sonskerms beskikbaar. Vra jou apteker – hy behoort te weet. Maak ook seker die produkte wat jy koop deur Kansa onderskryf word.
Probeer
hierdie produkte:
SUNprotect
SUNprotect
Sunstick SPF 40
R41.99
Justine
Protective Lipblock SPF 25 Ultrablock Water-Resistant Lotion SPF 30 Ultrablock Water-Resistant Oil-Free Spray SPF 30 Ultrablock Water-Resistant Cream Gel SPF 20 Ultrablock Firming Shimmering Lotion SPF 30 Aftersun Soothing Mist
jougeskenke
Vang
die oog dié vakansie langs die swembad of by die see! jouwêreld
gee dié maand twee bloedrooi bikinis weg, wat beslis die aandag sal
trek. Om hiervoor in
aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW BIKINI, tesame met
jou naam en e-posadres, aan 34780.
Kassie:
Vir meer inligting oor die voorkoming van velkanker, bel Kansa tolvry by 0800 22 66 22 of besoek hul webtuiste by www.cansa.org.za
|