Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 


  Speel veilig met jou vel

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rozanne Myburgh

e-pos die skrywer
e-pos jouwęreld

 

Die gevare van die somerson in Afrika is alombekend – so wees slim: tan veilig, beskerm jou vel teen sonskade en vermy velkanker.
 


(Foto: http://www.sxc.hu/)

Waaroor is al die bohaai?

Wel, die bohaai gaan daaroor dat velkanker die algemeenste kanker in die land is. Daar is byna 20 000 nuwe gevalle elke jaar en meer as 700 sterftes jaarliks – meer inligting hieroor kan by Kansa gekry word.

Daar bestaan ook nie iets soos 'n "gesonde" sonbrand nie – sonbrand impliseer tog sonskade. Almal moet dus sonbrand vermy, maar veral mense wat in sonnige lande woon. Ansie Botma, Kansa se SunSmart-koördineerder, sę dat naas Australië, velkanker die vinnigste in Suid-Afrika toeneem.
Die goeie nuus is dat velkanker voorkom kan word as 'n mens die son respekteer en leer hoe om sonwys te wees. 

Veilige vel-wenke:

1. Begin jou sonbrandroetine met kort sessies in die son – 10 tot 15 minute behoort genoeg te wees. Dit gee jou vel die geleentheid om aan die son en hitte gewoond te raak. 'n Stadige proses sal ook sonskade verminder.

2. Kies die regte sonskerm – met 'n SPF van minstens 8 - 15.

3. Bevogtig jou vel goed met room nadat jy jouself in die son losgelaat het. Probeer veral produkte wat ryk in aloe is.

4. Onthou, hoe ligter jou vel, hoe versigter moet jy wees.

5. Sit jou sonbril op – jou oë kan maklik sonskade opdoen. Maak dubbel seker deur 'n sonbril van minstens UV400 te kies.

6. Moenie van jou lippe vergeet nie – die vel op jou lippe is baie sag en kan maklik in die son beskadig word.

7. Vermy die son op die warmste tyd van die dag – die intensiteit van die son verbeter nie jou verbruining nie, dit vergroot net die kans dat jy rooi gaan brand.

8. Jy kan nie vir die son in die water wegkruip nie – water reflekteer sonlig en jou kanse is nog beter om eina-rooi te brand. Sorg dan ook dat jou sonskermmiddel waterbestand is, en sit dit uurliks aan.

9. Vir sportvroue of ywerige tuiniers is dit belangrik om beskermende kleredrag soos hoede, sonbrille en hemde te dra.

10. As jy 'n sensitiewe vel het, maak seker dat jy 'n sonskermmiddel koop wat nie jou vel sal irriteer nie. Daar is hipo-allergiese sonskerms beskikbaar. Vra jou apteker – hy behoort te weet. Maak ook seker die produkte wat jy koop deur Kansa onderskryf word.

 

Probeer hierdie produkte:

Simply Sun Botanicals

SPF20 Sunscreen Spray 125 ml - R75.00;
SPF30 Sun cream 100 ml - R70.00 ook beskikbaar in 200 ml – R110;
SPF60 Sunscreen 35 g – R65.00
After Sun Moisturiser 100 ml – R59.00

SUNprotect

SUNprotect Sunstick SPF 40 R41.99
Kids Spray
SPF 40 R 89.99
Anti-Ageing Face Cream
SPF 30 R59.99
Light Lotion 400ml
SPF 30 R159.99
Light Lotion 200ml
SPF 30 R74.99
Spray
SPF 30 R99.99
Light Lotion
SPF 15 R49.99
Aloe After-Sun Spray R41.99

Justine

Protective Lipblock SPF 25
Ultrablock Age Defence for Face SPF 30
Ultrablock Water-Resistant Lotion SPF 30
Ultrablock Water-Resistant Oil-Free Spray SPF 30
Ultrablock Water-Resistant Cream Gel SPF 20
Ultrablock Firming Shimmering Lotion SPF 30
Aftersun Soothing Mist

Roc Minesol 50+ SPF (R165).

Vichy Capital Soleil 50+ SPF (R159).

Clarins Men UV Protection SPF 20 (prys nie beskikbaar).

Nivea Sun DNAge Anti-Ageing Face Sun Cream 50+ (R134,99).

jougeskenke

Vang die oog dié vakansie langs die swembad of by die see! jouwęreld gee dié maand twee bloedrooi bikinis weg, wat beslis die aandag sal trek. Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW BIKINI, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.
Lees die kompetisie-reëls op jougeskenke

Lees ook in dié uitgawe hoe om self tanprodukte te gebruik, asook hoe om jou kinders teen sonbrand te beskerm dié vakansie.

Vir meer inligting oor die voorkoming van velkanker, bel Kansa tolvry by 0800 22 66 22 of besoek hul webtuiste by www.cansa.org.za

 

 
 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]