|
|
|
|
Tuisgemaakte maskers en skroprome is maklik om te maak en die meeste van die bestanddele is reeds in jou kombuis. As jy dus organies en groen wil leef, is hiérdie skoonheidsprodukte vir jou.
 |
|
|
Dis somertyd en daar is heerlike vrugte beskikbaar. Hoekom nie van moederaarde se produkte gebruik maak om jou vel 'n hupstoot te gee nie?
Tuisgemaakte maskers en skroprome is maklik om te maak en die meeste van die bestanddele is reeds in jou kombuis. Boonop is vrugte hoog in vitamiene, veral vitamien A en C, wat die vel bevogtig en verhelder, en dit van skadelike chemikalieë bevry. As jy dus organies en groen wil leef, is hiérdie skoonheidsprodukte vir jou.
Aarbeie: Hierdie vrug is sinoniem met somer. Dis ideaal om pigmentasievlekke natuurlik te verlig.
Druiwe: Duiwe is ryk aan antioksidante en het ook afskilferende eienskappe.
Pynappel en papaja: Dit is nie net lekker in vrugteslaai nie, albei bevat ensieme wat die vel op 'n natuurlike manier afskilfer.
Perske: Perskes en room is 'n gewilde nagereg in die somer. As jy nie alles opeet nie, kan jy dit ook as masker gebruik! Perskes bevat ook afskilferende ensieme en minerale wat die vel voed.
Mango: Vars mango bevat minerale en vitamiene wat die vel voed en jou gelaat laat gloei.
Avokado: Wetenskaplikes noem dit 'n supervrug. Dis hoog in vitamien E wat jare lank al met 'n gesonde vel geassosieer word. Dis ook 'n uitstekende bevogtiger.
Piesang: Piesang bevat baie vitamiene en minerale, een daarvan is potassium wat spiere laat ontspan. Dit is ook 'n goeie bevogtiger.
Kiwi en komkommer: Kiwi’s is hoog in vitamien C en is 'n goeie reiniger. Komkommer kalmeer geïrriteerde vel en kan ook porieë verklein.
Heuning: Heuning is goud werd. Dit het verskeie antiseptiese eienskappe en kan ook as 'n bevogtiger gebruik word.
Bessiemousse-masker
Pynappel-en-papaja-skrop
Bevogtigende avokado-en-piesang-masker
Romerige perske-en-mango-masker
Kiwiblits

* 2 bloubessies
* 1 groot aarbei
* 3 frambose
* 2 rooi druiwekorrels
* 1 eierwit
1. Verpulp die vrugte.
2. Klits die eierwit tot stywepuntstadium.
3. Vou eierwit by vrugtepulp in.
4. Wend masker vir 15 - 20 minute aan.
terug na bo
* 30 ml pynappel
* 30 ml papaja
* 10 ml suiker
1. Verpulp vrugte.
2. Roer suiker by vrugtepulp.
3. Skrop vel liggies met vrugtemengsel.
4. Die skroproom kan ook vir 10 tot 15 minute as 'n masker aangehou word.
terug na bo

* 30 ml avokado
* 30 ml piesang
* 10 ml heuning
* Paar druppels suurlemoensap
1. Meng bestanddele tot glad.
2. Wend masker vir 10 tot 20 minute aan.
terug na bo

* halwe perske
* 30 ml mango
* 5 ml klappermelk
* 5 ml Bulgaarse jogurt
1. Verpulp perke en mango saam.
2. Meng klappermelk en jogurt by tot glad en romerig.
3. Wend masker aan vir 15 - 20 minute.
terug na bo

* halwe kiwivrug
* 3 snytjies komkommer
* 15 ml Bulgaarse jogurt
1. Verpulp kiwivrug en komkommer.
2. Roer jogurt by tot glad.
3 Wend masker aan vir 15 - 20 minute.
terug na bo
Wenk: Wend altyd maskers op 'n skoon vel aan. Was jou gesig met louwarm water om jou porieë oop te maak en spoel maskers met koue water af.
|
|
|