Laat waai . . . en skep nuwe storiemateriaal |
|
|
Nuwe skrywers is geneig om halsoorkop weg te val en dan blaaie en blaaie vol te skryf. Baie doen dit sonder dat hulle enige idee het waaroor hulle wil skryf – hulle laat waai net. Aan die begin van my skryfloopbaan, toe ek nog bitter onervare was, het ek met elke nuwe storie duisende woorde geskryf wat nooit in enige van my boeke opgeneem is nie, maar wat my gehelp het om my karakters te leer ken en my storielyn te vind. Nou bekyk jy jou skryfwerk met 'n kritiese oog. Eers trek jy kringe om alle prikkelende beelde, kernwoorde en -gedagtes. Dan herhaal jy die “laat waai”-proses met elke omkringde woord of gedagte. Spoedig sal jy 'n massa nuwe materiaal hê om te ontgin. Janie Oosthuysen is 'n bekroonde Afrikaanse kinderboekskrywer wat sowat 200 kinder-, tiener- en skoolboeke geskryf, vertaal en geredigeer het. Sy is ook as vertaler van die eerste vyf Harry Potter-boeke in 2002 met die Akademieprys bekroon. Het jy enige vrae? Kontak Janie by janie@skryfgeheime.co.za of besoek www.skryfgeheime.co.za. Wil jy 'n kinderstorie skryf maar weet nie waar om te begin nie?
Lees ook die vorige artikels in jouwêreld in die reeks Skryfgeheime: Skryfgeheime 1 (Januarie 2010): Hou jou potlood skerp Dis dáárdie skrywers wat skryf as 'n lewenslange leerskool beskou – 'n ambag wat jy nooit ten volle bemeester nie – wat op die ou end die suksesvolste is, al voel hulle dalk hulle het met 'n agterstand begin. Skryfgeheime 2 (Februarie 2010): Vergeet van vervelige raksitters Suksesvolle skrywers weet hoe om hul lesers se sielkundige en emosionele leesbehoeftes te bevredig. | |