|
|
|
|
|

Nie net is die vleise lekker vir 'n Kersete nie,
maar ook vir Nuwejaarsdag – of sommer enige dag
die vakansie! Bedien dit koud of warm, nes die
gier jou pak. Die twee vleise, saam met die twee
bygeregte, sal met 'n vars brood 'n netjies
afgeronde ete vorm.
|
|
Spesery-skaapboud
met gedroogde appelkoosblatjang
Goed, goed, die speserye is nou wel maklik om te
maak, maar dit vat tyd én jy moet al die
speserye in die huis hê. Niemand sê jy kan nie
'n mengsel koop wat klaar aangemaak is nie. Of
jy kan van die speserye, soos die kaneel, vinkel,
steranys en kardemom weglaat. Jy kan dit ook
meer branderig maak deur nog rissiepoeier by te
gooi. |
 |
|
Vir die marinade:
125 ml karringmelk
60 ml Tierhoek organiese appelkooskonfyt
15 ml vars gemmer
30 ml gemengde speserye*
1 skaapboud, die marinade maak genoeg vir 1 – 3
kg.
*Vir
die gemengde speserye:
15 ml heel komynsaad
15 ml heel koljandersaad
4 cm kaneelstokkie (of 5 ml fyn kaneel, gooi
saam borrie in)
5 ml heel swartpeperkorrels
5 ml vinkel
5 naeltjies
1 steranys
12 kardemompeule
2 gedroogde rissies (of 2 – 5 ml rissiepoeier,
gooi saam borrie in)
5 ml borrie
5 ml sout
Om te braai:
10 ml olie
10 ml botter / margarien
Begin deur die speserye-mengsel te maak. Verhit
al die heel speserye (alles behalwe borrie) oor
'n lae hitte totdat jy dit net kan ruik,
ongeveer 5 minute. Maak dan alles fyn in die
voedselverwerker, koffiemeul of stamper en vysel.
Voeg die borrie en sout by. Dié bestandele maak
meer as wat jy benodig vir die skaapboud – hou
die res in 'n botteltjie of houer wat dig sluit
en gebruik dit om ander vleis- en groentegeregte
te geur.
Marineer:
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Sprinkel sout aan alle kante van die boud en
gooi die marinade oor. Maak seker dit bedek die
hele boud. Om skottelgoed te verminder kan jy
sommer die skaapboud in 'n plastieksak sit en
die marinade oorgooi. Marineer vir ten minste 'n
uur, maar as jy meer tyd het kan dit oornag ook
wag.
Gaarmaak:
Verhit die oond tot 160 °C.
Verhit die olie en botter in 'n groot pot, wat
in die oond kan gaan. Braai dan die skaapboud
vinnig net om al die kante te seël en te
verbruin. Sit die deksel op en plaas in die
voorverhitte oond. Bak 20 minute vir elke 500 g
en nog 30 minute ekstra. As jy dit meer wil bak,
verlaag die temperatuur tot 120 °C – die
skaapboud kan net sagter word!
Sny in skywe en bedien met gedroogde
appelkoosblatjang. As jy so stukkie skaap proe
en dit brand hopeloos te veel, wat lekker is (maar
nie vir almal nie), kan jy gewone joghurt met
gekapte vars kruisement meng en ook daarby
bedien.
|
 |
Gedroogde
appelkoosblatjang
Die is soos 'n growwe blatjang – en is
baie lekker saam met die skaap, veral as
hy 'n groot byt het!
|
|
1 rooi ui, fyngekap
15 ml olie
150 g Tierhoek gedroogde appelkose,
gehalveer
50 ml heuning
25 ml Tierhoek appelkooskonfyt
50 ml appelasyn
Braai die fyngekapte ui in die olie in
'n klein kastrol tot sag en deurskynend.
Voeg appelkose, heuning, konfyt en asyn
by. Kook vir 5 – 10 minute totdat die
meeste van die vloeistof weggekook het.
Jy kan nog asyn of konfyt bygooi – alle
appelkose is nie ewe soet nie.
|
|
|
Gerookte
ham met pruimkonfyt- en mosterdglasuursel
Moenie jou gesig soos 'n suur pruim trek as jy
die glasuursel se naam lees nie, dis absoluut
heerlik! Die sap verskaf nog geur aan die ham,
maar is nie onontbeerlik nie. |
 |
|
1l sap (pruim, bosbessie of pynappel)
1l water (of meer, sodat ham met water bedek is)
6 peperkorrels
2 klein lourierblare
2 kaneelstokkies
1 gerookte ham (gammon), met of sonder
die been
Vir die pruimkonfyt- en mosterdglasuursel:
Meng: 60 ml Tierhoek organiese pruimkonfyt
20 ml soet mosterd (maak
jou eie of koop 'n sweet 'n mild of
heuningmosterd)
Bring die sap en water tot kookpunt in 'n groot
kastrol. Voeg die peperkorrels, lourierblare en
kaneelstokkies by, as jy wil. Plaas die
gammon in die kastrol en kook vir ongeveer 2
ure. Jy kan dit al vroeg doen en hom dan laat
koud word en eers so uur voor julle wil eet weer
uit die yskas haal. Onthou om die vel af te
trek, sodat daar net 'n dun lagie vet oorbly.
Om gaar te maak:
Verhit die oond tot 180 °C. Sny 'n crisscross-patroon
in die vet om diamantjies te vorm. Jy kan
naeltjies indruk, as jy wil. Smeer die
glasuursel oor die vet. Bak vir tussen 30 en 45
minute, afhangend van hoe koud die vleis was toe
jy dit ingesit het en van hoe bruin en taai jy
van jou glasuursel hou.
Sny in dun skyfies en geniet saam met nog soet
mosterd en pruimsous.
Vir die soet mosterd:
40 g mosterdpoeier
120 g strooisuiker
5 ml sout
250 ml room
15 ml olyfolie
30 ml asyn
sap van 'n halwe suurlemoen
Meng die mosterdpoeier, suiker en sout in 'n
klein kastrol. Gooi die room, olie, asyn en
suurlemoensap by en roer sodat daar geen klonte
is nie. Bring tot kookpunt en roer dikwels vir
ongeveer 8 minute. Dit sal effens bruiner word
en effens dikker. Onthou, dit word dikker soos
dit afkoel. Gooi in 'n bakkie en hou in die
yskas.
Pruimsous
125 ml pruimkonfyt
5 ml mosterd
15 ml vars suurlemoensap
Meng alles saam en verhit oor lae hitte. Kook
ongeveer 5 minute saam. Bedien met die gerookte
vark.
Alternatiewe plan vir gerookte ham:
Gerookte ham met
kweper- en koljanderjellie
In die geval sal ek definitief voorstel dat jy
pynappelsap gebruik om die ham te kook. Doen
alles dieselfde as hier bo, maar in plaas van
die pruimkonfyt- en mosterdglasuursel, gebruik
jy Tierhoek kweper- en koljanderjellie. Ongeveer
ml. Smeer oor die ham en volg boonste resep
verder. Sit nog van die jellie voor om met die
vark te bedien.
|
 |
|
Aartappel-oondgereg met mosterd en kruie
Alhoewel dit tans somer is in sonnige
Suid-Afrika, het mens altyd 'n behoefte aan 'n
warm aartappelgereg. En as hy afkoel, is hy
steeds lekker. Dis romerig en proe of jy
kilogram op kilogram kaas bygegooi het, maar dis
jou geheim dat daar nie 'n druppel kaas in is
nie. |
 |
|
Maak genoeg vir 6.
1 kg aartappels
1 ui, fyngekap
25 ml olie
15 ml vars kruie: soos roosmaryn, dille, orego
en salie of 5 ml gedroogde gemengde kruie
15 ml margarien
25 ml meel
250 ml melk
5 ml aangemaakte mosterd
125 ml maaskaas
sout en varsgemaalde swartpeper
Skil aartappel en sny in skywe van tussen 0.5 en
1 cm.
Kook 10 minute in genoeg water om die aartappels
te bedek.
Braai die ui in olie. Voeg fyngekapte roosmaryn,
dille en orego by.
Wanneer die ui sag en deurskynend is, voeg
die margarien by en roer tot gesmelt. Voeg meel
by en roer tot geabsorbeer. Gooi stadig die melk
by. Kook tot gaar, ten minste 5 minute. Haal van
die hitte af en roer die mosterd en maaskaas by.
Dreineer die aartappels na 10 minute. Pak in lae
in 'n oondskottel. Gooi op elke laag sout en
varsgemaalde swartpeper. Gooi die sous oor en
bak vir ±25 minute by 180 ºC tot ligbruin bo-op.
|
 |
Kleurvolle koolslaai met appel en
gedroogde pruime
So met die eerste
oogopslag mag die dalk vreemd voorkom,
maar sjoe, dis regtig lekker! Die chewy
gedroogde pruime is perfek, veral saam
die soet smaak van die appel.
|
|
Maak genoeg vir 10 – 12 mense.
2½ koppies (so 250 g) rooikool, grof
gerasper
2½ koppies (so 250 g) groenkool, grof
gerasper
50 g Tierhoek gedroogde pruime
3 - 4 klein slaaiuie
2 appels, grof gerasper en met
suurlemoensap besprinkel
Vir die slaaisous:
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) joghurt
15 ml (1 eetl.) aangemaakte mosterd (die
soet mosterd
hier
bo werk goed)
15 ml (1 eetl.) suiker
Meng al die bestanddele vir die slaai,
behalwe die slaaiuie.
Maak die slaaisous deur die mayonnaise,
joghurt, aangemaakte mosterd en suiker
te meng.
Gooi die slaaisous oor die slaai. Meng
goed en strooi dan die slaaiuie oor.
Verkoel. Wag vir komplimente om in te
stroom.
|
|

Die lafenisse werk veral goed wanneer jy niks
hoef saam te vat na 'n ete toe nie, maar jy deur
'n yslike skuldgevoel beetgepak word. |
|
Gemmerbier
Dié is definitief die seisoen
om gemmerbier in te maak! En dis ook glad nie
moeilik nie – maak net so 4 2l-plastiekbottels
bymekaar voor die tyd. Dis ook 'n heerlike
drankie om na vriende en familie toe te neem om
te geniet of as geskenk te gee. En hier is hoe
jy dit doen: |
 |
|
Meng drie-uur*
die middag die volgende bestanddele saam in 'n
groot emmer:
30 ml gemmer
7 koppies suiker
32 koppies (8l) koue water
30 ml wynsteensuur
10 ml kremetart
1 pakkie kitssuurdeeg
'n handvol rosyne (my ma sê my ouma sê mens
gebruik rosyne met pitte, maar ek weet nou nie
eintlik hoekom nie!)
(*Indien
jy dit drie-uur gemeng het, kan jy dit die
volgende oggend vroeg deur 'n moeseliendoek of
fyngeweefde vadoek laat syg en dan in jou
2l-bottels gooi. Daar gaan egter nie 'n
aardbewing wees as jy dit nie op die spesifieke
tyd doen nie, dit maak nie eintlik saak nie!)
Onthou egter om nie die skroefdop styf op te
draai nie - dit moet so losserig sit - anders
sal daar 'n aardbewing wees wanneer jy dit
oopmaak.
|


 |
Naartjie-
en laventelrooibostee
Gedroogde vrugte in
jou eie droë teemengsel klink dalk
vergesog – maar sjoe dis heerlik! Dit
maak 'n pragtige klein geskenkie, of
drink dit saam geliefdes. Jy kan dit ook
afkoel en yskoud bedien.
20 g los rooibostee of 10
rooibosteesakkies, oopgeskeur
5 Tierhoek organiese naartjie bites
(gedroogde naartjieskywe), in klein
stukkies gesny
so 5 ml laventelblare, dis ongeveer 20
blaartjies
Meng alles saam. Gebruik dan 1 teelepel
van die droë mengsel vir 1 koppie tee.
Laat vir 5 minute trek en bedien saam
met heuning.
|
|
|