Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




RESEP: Plaatkoekies – met ‘n verskil   

jouleefstyl


deur
Wilna Myburgh

Kikker die tradisionele plaatkoekie op met dié lekker variasies

  (Foto deur Wilna Myburgh)

Ek is vas oortuig daarvan dat elke persoon 'n plaatkoekie-resep moet hę. Dis so maklik om te maak en kan enige tyd van die dag 'n holte vul! Dié resep maak tussen 10 en 15 plaatkoekies, afhangend van die grootte. Plaatkoekies is heerlik, al bedien jy dit net met stroop, maar hiérdie resep en sy variasies maak dit nog meer van 'n plesier om te eet.

Vir die plaatkoekies:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml suiker
1 ml sout
1 eier
200 ml melk 

Vir die spek, piesang en stroop:
250 g skouer-spek
2 piesangs, in ˝ cm-skyfies gesny
25 ml margarien
50 ml heuning / stroop

Plaas die droë bestanddele in 'n mengbak. Maak 'n holte daarin en gooi die eier en melk in. Meng alles met 'n draadklitser tot die deeg glad is.

Verhit ongeveer 15 ml olie in 'n braaipan. Skep die deeg met 'n eetlepel in die pan. As daar borreltjies aan die bokant vorm en die onderkant stewig lyk, draai die plaatkoekie om en braai vir nog 'n minuut of 2. Om te toets of dit gaar is kan jy 'n toetspen gebruik of een oop sny. Verplaas die wat gaar is na die kouer kante van die pan en braai die res.

In 'n ander pan braai die spek tot bruin en bros. Hou eenkant. In dieselfde pan gooi 5 ml margarien en braai die piesangskyfies vir 1 minuut. Gooi die res van die margarien en die heuning by en braai vir nog 2 – 3 minute.

Maak 'n stapel van plaatkoekies, spek en piesang en bedruip dit met die sous.

Variasies:
· Vir die sout-tand: Laat die piesang en sous weg en bedien die spek met roereier.
· Vir die soet-tand: Laat die spek weg, voeg bietjie kaneel by die piesangs en bedien dit met joghurt.

 

 Druk hierdie bladsy uit 
  Creative Commons License
jouwęreld e-tydskrif resepte deur Wilna Myburgh is gelisensieer onder Creative Commons Erkenning-Niekommersieel-Onveranderd 2.5 Suid-Afrika License.
 
 
Vir meer inspirasie koop dié boeke op kalahari:


 

 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]