Oktober 2008
Jaargang 1 Uitgawe 3

 

 

   Paptert – my ma s'n!

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Wilna Myburgh

 

 

Wat is ‘n goeie braai sonder ‘n goeie paptert? Met dié resep sal jy almal se bewondering afdwing!

Ek voel dat ek nie dié wat van 'n tradisionele braai hou kan afskeep nie, en daarom wil ek dié paptert-resep met julle deel vir 'n bietjie inspirasie. As jy egter nog meer avontuurlustig voel, probeer gerus ‘n Braai om te beïndruk in dié uitgawe!

Dis vir my altyd só moeilik om my ma se resepte na te maak – sy gebruik hordes boeke en maak dan elke gedeelte van die resep uit 'n ander boek. Die probleem is dat die boek wat sy die meeste volg daar binne haar kop sit en dié moet jy dan so met die geskrewe woord meng. Maar ek is mal oor haar paptert – hierdie is nou hoe ek dit "afgekyk" en saam met haar gemaak het:

Vir die pap:
2l (8 koppies) water
400 g (2¾ koppies) mieliemeel
15 ml sout

Vir die sous:
125 g spekblokkies
25 ml olyfolie
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 pakkie (250 g) sampioene, gehalveer en in skywe gesny
1 blik (400 g) tamatie- en uiemengsel
100 g (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde basiliekruid – of 15 ml vars as beskikbaar
5 ml gedroogde of 15 ml vars pietersielie
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak 

Metode

Bring die water tot kookpunt. Voeg mieliemeel en sout by. Roer deeglik om klonte te voorkom. Prut ongeveer 30 minute tot gaar.
Braai die spek in ongeveer 15 ml olie tot bruin en bros. Voeg die soetrissie by en braai 5 minute. Jy kan nog olie bygooi soos dit nodig blyk.
Voeg dan die sampioene by en braai nog 5 minute, voeg dan die tamatie- en uiemengsel by. Jy kan ook 'n ui saam met die soetrissie braai en 'n blik gekapte tamaties gebruik. Geur met kruie, sout en peper. Bring tot kookpunt en kook 'n paar minute saam.

Maak lagies van die pap en die sous in 'n oondvaste bak wat groot genoeg is. Begin met 'n lagie van die helfte van die pap. Dan die helfte van die sous. Weer pap en eindig met sous. Strooi die kaas oor.

Bak by 180 °C vir 25 – 30 minute.
Hierdie maak genoeg vir 8 mense

 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joutuisblad ] stuur 'n e-pos ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jouse ] jougeskenke ]