|
jouleefstyl
Pamperlang jouself
Dié tyd van die jaar is gewoonlik met chaos, spertye en algemene moegheid gevul. En wie het nou tyd of geld om gereeld ‘n spa te besoek? Volg hiérdie vinnige en vernuwende bederf-program vir 'n nuwe jy!
Deur Rozanne Myburgh
Versamel solank die volgende hulpmiddels vir jou bederf-aksie: 'n Naweek met 'n bietjie ek-tyd 'n Kamerjas Ontspannende musiek Essensiële olies 'n Badborsel met 'n lang handvatsel Seesout Room Kerse
Hoe om te begin: Sit jou foon af. En sommer die TV ook. Sorg dat jou badkamer warm is en steek 'n paar kerse aan. Sit sagte, strelende musiek aan en sit vir 'n paar minute met toe oë om in die regte stemming te kom. Nou kan jy begin om jouself van kop tot tone te pamperlang.
Gesig: Was die moegheid af Drink suurlemoensap in 'n glas warm water – dit sal help om jou vel gesond te hou. Nog beter resultate sal verkry word as jy dit elke dag drink. Maak 'n gesigmasker van suiwer heuning wat 5 minute lank in 'n dubbelkastrol verhit is.
Probeer ook: RoC® RETINOL CORREXION® Eye Cream Neutrogena® Fresh Foaming Scrub
Clean & Clear se Dual
Action Moisturizer
Lyf: Hou die blinkkant bo Gebruik die badborsel in sirkelvormige bewegings om van dooie vel ontslae te raak. Moet dit net nie oordoen nie – dit kan inflammasie veroorsaak as jy te wild te kere gaan.
Probeer ook:
Justine Tissue Oil
Garnier intensive
restoring lotion
Vir 'n vinnige detoks-lyfskrop: Gebruik 30 g harde seesout met 12 druppels essensiële olie (bloubessie, pomelo of suurlemoen) en 'n bietjie warm water. Masseer jou hele lyf daarmee. Dit sal jou porieë skoonmaak, limfstelsel-dreinering stimuleer en natuurlik van dooie selle ontslae raak.
Hande: Vir 'n fyn handdruk Meng 'n halwe eiergeel met 'n tafellepelvol wortelsap en 'n paar druppels amandelolie. Vryf dit in die vingers en hande en hou 20 minute aan voordat dit in koue water afgespoel word.
Probeer ook: Neutrogena se Fast absorbing hand cream
RoC® RETINOL CORREXION®
Hand Repair SPF 15 Justine se Body Balance hydrating hand cream Drench Miracle Moisture Hand & Nail Cream
Garnier intensive
restoring hand moisturiser
Voete: Maak die voetpad glad Maak vir jou 'n voetbad: Week jou voete vir 10 minute in Engelse sout wat in water opgelos is. Spoel jou voete daarna met koue water af en gebruik jou gunsteling voetroom.
Probeer ook: Feet First Exfoliating Foot Scrub
Neutrogena se Cracked Heel treatment Eulactol Heel Balm Feet First Deep Moisturising Foot Cream – Apricot Feet First Deep Moisturising Foot Cream – Original
Met al hierdie planne behoort jy te kan oorleef totdat die vakansie aanbreek.
|