November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 


  Pamperlang jouself

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rozanne Myburgh

e-pos die skrywer

 

Dié tyd van die jaar is gewoonlik met chaos, spertye en algemene moegheid gevul. En wie het nou tyd of geld om gereeld ‘n spa te besoek? Volg hiérdie vinnige en vernuwende bederf-program vir 'n nuwe jy!

 


(foto: Saquan Stimpson)

Versamel solank die volgende hulpmiddels vir jou bederf-aksie:
'n Naweek met 'n bietjie ek-tyd
'n Kamerjas
Ontspannende musiek
Essensiële olies
'n Badborsel met 'n lang handvatsel
Seesout
Room
Kerse 

Hoe om te begin:
Sit jou foon af. En sommer die TV ook. Sorg dat jou badkamer warm is en steek 'n paar kerse aan. Sit sagte, strelende musiek aan en sit vir 'n paar minute met toe oë om in die regte stemming te kom. Nou kan jy begin om jouself van kop tot tone te pamperlang.
 




Gesig: Was die moegheid af

Drink suurlemoensap in 'n glas warm water – dit sal help om jou vel gesond te hou. Nog beter resultate sal verkry word as jy dit elke dag drink. 

Maak 'n gesigmasker van suiwer heuning wat 5 minute lank in 'n dubbelkastrol verhit is.

Probeer ook:
Revlon Hydra Boost™ Skin Care se Intense Moisture Multiplier Complex
Revlon Pure Skin Care se Gentle Exfoliating Scrub
RoC® AGE DIMINISHING® Daily Moisturizer SPF 15
RoC® AGE DIMINISHING® Night Cream

RoC® RETINOL CORREXION® Eye Cream

Neutrogena® Fresh Foaming Scrub

Clean & Clear se Dual Action Moisturizer
Yes to Carrots Exfoliating and Smoothing Mud Mask
 






Lyf: Hou die blinkkant bo

Gebruik die badborsel in sirkelvormige bewegings om van dooie vel ontslae te raak. Moet dit net nie oordoen nie – dit kan inflammasie veroorsaak as jy te wild te kere gaan.

 

Probeer ook:

Justine Tissue Oil
Neutrogena se Body Clear body scrub
Drench Miracle Moisture Body Lotion en Crème: Nutritive of Intensive 
Drench Anti Cellulite Firming Body lotion

Garnier intensive restoring lotion
Yes to Carrots
Carrot Rich Moisturising Body Scrub

Vir 'n vinnige detoks-lyfskrop:

Gebruik 30 g harde seesout met 12 druppels essensiële olie (bloubessie, pomelo of suurlemoen) en 'n bietjie warm water. Masseer jou hele lyf daarmee. Dit sal jou porieë skoonmaak, limfstelsel-dreinering stimuleer en natuurlik van dooie selle ontslae raak.





Hande: Vir 'n fyn handdruk

Meng 'n halwe eiergeel met 'n tafellepelvol wortelsap en 'n paar druppels amandelolie. Vryf dit in die vingers en hande en hou 20 minute aan voordat dit in koue water afgespoel word.

 

Probeer ook:

Neutrogena se Fast absorbing hand cream

RoC® RETINOL CORREXION® Hand Repair SPF 15
Eulactol Specific Formula for Cuticles and Nails

Justine se Body Balance hydrating hand cream

Drench Miracle Moisture Hand & Nail Cream

Garnier intensive restoring hand moisturiser
Yes to Carrots Hand and Elbow Moisturising Cream

 





 

Voete: Maak die voetpad glad

Maak vir jou 'n voetbad: Week jou voete vir 10 minute in Engelse sout wat in water opgelos is. Spoel jou voete daarna met koue water af en gebruik jou gunsteling voetroom.

 

Probeer ook:

Feet First Exfoliating Foot Scrub

Neutrogena se Cracked Heel treatment
Avon se Foot works Conditioning Foot Soak en Rough Skin Remover

Eulactol Heel Balm

Feet First Deep Moisturising Foot Cream – Apricot

Feet First Deep Moisturising Foot Cream – Original

 

 

Met al hierdie planne behoort jy te kan oorleef totdat die vakansie aanbreek.

 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember