November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 


  Val pens en pootjies vir Paella

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Wilna Myburgh

E-pos die skrywer

 

Met hierdie paella-resep kan jy 'n Griekse tragedie keer en die Kaap weer Hollands maak! Hopelik sal dit geen Spanjaard in sy graf laat omdraai nie!

Paella is 'n dis wat sy ontstaan in die Spaanse platteland in Valencia gesien het. Dit is vernoem na die Spaanse woord vir pan, paella en paellera in Valencia. Dit kom van die Latynse woord, patella, af. Die oorspronklike paella van Valencia is in die 18e eeu van vars groente, rys, hoender, konyn, eend en slakke gemaak – nie soos daar gewoonlik aangeneem word dat dit seekos moet inhê nie. Gemengde paella (die oorspronklike resep met seekos by) en seekospaella is deur die Spanjaarde aan die kus begin. Noudat daar totale Babelse verwarring onder die Spanjaarde is, kan ons maar elkeen ons eie gunsteling variasie van paella maak. Hier is hoe ek daarvan hou – hopelik sal dit geen Spanjaard in sy graf laat omdraai nie!

Die rys aan die onderkant van die pan moet so effens bros word, om 'n toasty gekaramelliseerde geur te gee. Dit word die socorrat genoem. Jy hoef nie regtig 'n spesiale paella-pan te koop nie, dit werk ewe goed in 'n kastrol – maar dis tog 'n nuttige pan om in die kas te hê!

Maak genoeg vir 4 – 6 mense.  

600 g hoenderborsstukke of varktjops, in blokkies gesny of 8 hoenderdye- en boudjies
5 ml borrie
5 ml paprika, gerookte paprika indien moontlik
25 ml ligte olyfolie
sout, peper
50 ml olyfolie
1 groot uie
1 klein groen soetrissie
1 klein rooi soetrissie
5 tamaties
2 koppies rys
4 - 6 koppies hoender-aftreksel
½ ml saffraan (los op in die hoender-aftreksel)
1 pakkie (250 g) gemengde gevriesde seekos*
200 g steurgarnale (opsioneel)
2 hande vol ertjies (opsioneel)
1 klontjie botter
15 ml vars, gekapte pietersielie
suurlemoenwiggies

Hierdie is die tipe resep waar jy al die bestanddele voor die tyd gereed kan kry. Daarna staan jy luilekker by jou gaste en kook en lyk ewe koel en kalm. Dis nou om van bewondering af te dwing!


Meng die borrie, paprika, olie, sout en peper – gooi dit oor die hoender of vark en laat staan vir ten minste 20 minute voor gebruik.
Kry dan al die groente gereed:
Sny die ui en soetrissies in skyfies en gooi in 'n bak.
Sny dan 'n kruis in elke tamatie, gooi kookwater oor en laat staan vir 1 minuut. Spoel af in lopende, koue water totdat die tamaties koud is. Haal die skille af en sny in klein blokkies. Hou eenkant.
Meet die rys in 'n bak af. Hou eenkant.
Maak die hoender-aftreksel aan en voeg die saffraan by.
As jy die ertjies wil insit gooi dit ook in 'n bakkie, mens het die geneigdheid om dit aan die einde te vergeet.

Verhit olie – bedek net die pan – en braai die hoender- of varkstukkies bruin, nie gaar nie. Haal uit en hou eenkant.

Braai die ui en soetrissies totdat dit ook bruin begin raak.

Gooi die tamatieblokkies en rys by - meng en braai vir 1 minuut.

Voeg nou 4 koppies hoender-aftreksel met saffraan by. Bring tot kookpunt.

Die vleis en gemengde seekos kan nou terug in die pan gaan. Meng alles.

Bedek die pan dig met foelie, of 'n deksel as dit een het – en kook vir 20 minute voordat jy kyk of die rys gaar is. Gooi nog hoender-aftreksel by as dit nodig blyk. Dit kan tot 30 minute duur vir die rys om gaar te kom. Indien jy ertjies gebruik, voeg dit by vir die laaste 3 minute.

As jy steurgarnale insit: Begin ongeveer 20 minute nadat die rys begin kook het om die steurgarnale in 'n aparte pan te braai. Voeg 'n klontjie botter en bietjie olyfolie by en braai totdat hulle gaar en pienkerig word. Sprinkel die sap van 'n halwe suurlemoen oor en geur met sout en peper. Strooi 15 ml gekapte pietersielie oor. Wanneer die paella gaar is – skep die geurige steurgarnale bo-op.

Sit voor met suurlemoenskywe en, veral as jy baie gaste het, 'n vars brood. Die broodvlegsel-resep met vars kruie, suurlemoenskil en mozzarellakaas in die Oktober-uitgawe van jouwêreld is absoluut heerlik saam met die paella.

*Seekos: Koop pakke gemengde seekos, of kies twee of drie van jou gunsteling seekossoorte. Mossels en garnale of steurgarnale is byvoorbeeld heerlik op hul eie. Jy kan ook die hoeveelheid aanpas, soos jou smaak verlang.
 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember


 
Lees ook Wilna se resepte in ons vorige uitgawes:
 
Spekburger met sampioensous en uieringe
Braaisous-hoender met groenbone, olywe en fetakaas
Varktjops in koffie- en uiesous
Romerige appelciderhoender met spek en sampioene
Klappermelkkerrie met lensies en groente 
Plaatkoekies – met ‘n
verskil

Gemmer-vonkelwyn
Koue Beetsop met gedraaide blaardeeg-stokkies
Pienk pons
Hoender in spek met bosbessie-rosé-sous
Radys- en fetakaasslaai
Framboos- en appelkrummelpoeding met aarbei-marmer-roomys
Koffie met sjokoladetjies
Speserye – te kies, te keur en te geur
Soete plesier: skons en aarbeie
Paptert my ma s'n
Gebraaide tortillawiggies met bokmelkkaas en soetrissie- en tamatierelish
Biefstuk met kruie-suurlemoenbotter
Gebraaide sampioene met suurlemoen-kruiebotter
Spinasie-slaai met spek en avokado
Broodvlegsel met vars kruie, suurlemoenskil en mozzarellakaas
Ment- en koffieroomys
Vegatariese braai