Word 'n origami-swami
![]() Kliek hier vir 'n vergroting |
Wat is modulêre origami en dodekahedrons Modulêre origami is 'n vorm van papiervoukuns wat bestaan uit verskeie komponente en velle papier. Die eenhede word saamgevoeg om 'n stabiele struktuur te vorm. Geen gom word gebruik nie en die eenhede word aanmekaar gehou deur slim voue, hoeke en flappe. In die meetkunde-wêreld is 'n dodekahedron enige driedimensionele struktuur met 12 plat vlakke – sien, dis eintlik maklik! |
Bou stap-vir-stap jou eie dodekahedron
Hierdie interessante model kan dien as 'n ornament vir 'n studeerkamer of kantoor en is veral 'n treffer as lampskerm in 'n Zen-geïnspireerde vertrek. Gebruik blink gekleurde papier en vou self kersboomversierings. Nota-blaadjies werk ideaal vir 'n kleiner model, maar eksperimenteer gerus met verskillende diktes, groottes en teksture papier. Jy sal sien – as die gogga jou eers gebyt het, los hy jou nie gou nie.
Benodigdhede
* 30 vierkantige velle papier (enige papier wat kan vou sal goed werk)
* Skêr
| Metode | |
| 1. Begin met 'n vierkantige vel papier. | 2. Vou in die helfte. |
![]() |
![]() |
| 3. Vou in kwarte, sodat dit 'n waaier-patroon vorm. | 4. Vou die papier sodat dit weer plat lê. Die foto hier onder toon die voue in swart ink. |
![]() |
![]() |
| 5. Sny een van die kwarte af en gooi weg. | 6. Vou weer in 'n sigsagpatroon. |
![]() |
![]() |
| 7. Vou die linkerbo-punt (A) af sodat dit aan die onderste lang sy (B) raak. Vou dan die onderste regterkantse hoek (C) op sodat dit aan die boonste lang sy (D) raak. Dus word 'n driehoek aan elke kant gevorm. | 8. Die eenheid moet lyk soos hier onder. |
![]() |
![]() |
| 9. Maak 'n vou van E na F, soos deur die donker lyn aangedui. | 10. Voltooide eenheid, voue in swart aangedui. |
![]() |
![]() |
Maak 30 eenhede soos hier bo beskryf.
Wil jy meer weet?
Koop hierdie boeke by kalahari.net:

Of
Beginner's Book of Modular Origami Polyhedra deur Bennett Arnstein; Rona Gurkewitz
Loer na hierdie foto's vir nog inspirasie
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit het jy al vir ons nuusbrief ingeteken? |
terug na jouleefstyl volgende artikel vorige artikel |



























