WIE IS ONS? | GRATIS NUUSBRIEF | MEDEWERKERS | ADVERTEER
jou gesinstydskrif – maandeliks, gratis en wêreldwyd

Skep 'n tuiste
Rozanne Myburgh

deur Rosa Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend








As die vertrekke in jou huis jou onrustig of selfs ontuis laat voel, kan hierdie wenke jou 'n vinnige inspirasie-inspuiting gee.

Moenie ontuis voel in jou eie huis nie'n Mens se huis, woonstel of kamer moet jou inspireer om meer produktief te wees, asook om beter te ontspan. Ons almal het 'n tuiste nodig, iewers waar jy jouself kan wees. Daar waar jy tuis is en veilig voel. 
Hoe voel jou tuiste vir jou? Verveel dit jou? Jy kan egter nie elke keer 'n nuwe huis koop as jou huidige tuiste jou nie meer warm en bevredigend laat voel nie – of as jy nie die inspirasie het om jou vertrekke te omvorm nie. Daarom moet jy dit, wat jy tot jou beskikking het, neem en dit regruk.

Volg hierdie eenvoudige stappe om weer inspirasie in jou huis te vind:

1. Kies een vertrek om op te fokus en verander dit na jou behoeftes. Begin by die vertrek wat jou die meeste irriteer. Vra jouself af: Wat is vir jou belangrik? Wat laat jou tiek? 'n Sonnige vertrek of dalk 'n vertrek met groot vensters? Meer pakplek of 'n bietjie kleur vir inspirasie? En dan begin jy hierdie behoeftes aanspreek.

2. Staan in die vertrek en kyk daarna asof jy dit die eerste keer sien. Toets jou gevoel: Laat dit jou deurmekaar, gemotiveerd of rustig voel? Getuig die kamer van jou persoonlikheid?

3. Dit kan ook help om 'n foto van die vertrek te neem of al die meubels uit te dra sodat jy 'n leë spasie voor jou het. Dit sal jou help om 'n beter idee van jou vertrek en die spasie tot jou beskikking te kry.

4. As geld nie 'n probleem is nie is dit ook die ideale tyd om jou kamer oor te verf. Kies een muur om 'n donker kleur te verf. Die kleur wat jy as tema kies sal die stemming van die vertrek bepaal, meubels bepaal weer die styl van die huis.

5. Bepaal waar jy jou grootste meubelstuk as fokuspunt wil sit. Dit is ook nou die regte tyd om alle onnodige dinge weg te gooi. Hou net die belangrikste items.

6. Omring jou met die dinge wat jou inspireer en energie gee. 'n Mooi skildery of 'n pragtige spieël wat dan ook as fokuspunt dien is ideaal vir hierdie doeleindes. Vir 'n kantoor, gebruik helder inspirerende kleure. Daarteenoor is 'n slaapkamer 'n rustige omgewing – gebruik dus sagter kleure. As jou vertrek groot genoeg is kan jy dit opdeel en areas skep soos 'n leeshoek wat jy met 'n kas of 'n afskorting kan afskort.

7. Onthou, dis jou plek en jy moet daarvan hou en tuis wees daarin. Gee aandag aan mooi kleurvolle gordyne wat ook die atmosfeer van die vertrek sal bepaal. Kies tussen ligte, effekleurige gordyne of getekstureerde gordyne soos bv. fluweel – dit skep 'n duursame gevoel. Blindings is ook 'n moontlikheid want daarmee kan jy die hoeveelheid lig beheer. Dit werk veral vir 'n kantoor-atmosfeer.

8. Nadat jy die meubels op hul plekke geplaas het, staan terug en kry die gevoel van die kamer. Vra jouself die volgende vrae: Weerspieël die vertrek die gevoel wat jy op besluit het? Voldoen die vertrek aan die vereistes, soos bv. 'n leesplek of rusplek. 

9. Plante gee ook 'n rustige gevoel en kan 'n leë muur of hoekie vul. 'n Pot met blomme, soos asters, gee in 'n kits kleur en dit is nie baie duur nie. As dit klaar geblom het, kan jy dit in jou tuin uitplant.

Kommentaar aangedryf deur Disqus
e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

joutuisblad | jouhoofstories | joumenswees | jouapplous | jouleefstyl | joutafel | joukontrei | jou  | joufiksie | jougeskenke |
gratis nuusbrief | medewerkers | adverteer | wie is ons?

Kopiereg © 2008-2010