Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 

  Hallo, Gesondheid!

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

Kyk uit vir hierdie gesonde, spoggerige nuwe produkte op die winkelrakke.

red espresso® is die nuwe Suid-Afrikaanse gesonde en kafeïenvrye alternatief vir koffie. Dit bevat 5 keer meer antioksidante as groentee en 10 keer meer antioksidante as gewone rooibostee. Jy kan dit tuis in jou espresso-maker, koffiemaker, plunger of perkoleerder maak. Die rooibos-espresso vorm die basis van 'n verskeidenheid drankies. Dit is nou by supermarkte beskikbaar.
 

Twinings het 'n nuwe reeks kruie-infusions om jou welstand te verbeter. Die "Blended for you"-reeks bevat geen ekstra suiker of geurmiddels nie, net die beste kwaliteit kruie-bestanddele. Daar is "Blended as a Digestif" wat met vinkelsaad en kruisement met spysvertering sal help. "Blended to revitalise" bevat gemmer, rooibos en mate om jou te verfris en op te kikker. "Blended for tranquility", met linden en kamille, sal vir kalmte en ontspanning sorg. Dit bevat geen kafeïen, suiker of versoeter nie en boonop feitlik geen kalorieë nie.
 

Verjuice word van die vars uitgedrukte sap van onryp druiwe gemaak. Die sap is ongegis en bevat daarom geen alkohol of suiker nie. Die woord, verjuice, is afgelei uit die Frans vir "groen sap" (vert jus). The Verjuice Co. se produk word van Suid-Afrika se pinotage-druiwe, gemeng met ander rooi- en witvariëteite vanuit die Kaapse Wynland gemaak. Een van die voortreflikhede van verjuice is dat dit glad nie met die smaak van wyn kompeteer nie. Daar is verskeie verjuice-produkte van The Verjuice Co. by uitgesoekte supermarkte, delikatessens en fine-food stores beskikbaar. Buiten die twee suiwer verjuice-middels, is daar ook gekarameliseerde verjuice-stroop, spicy verjuice-blatjang en gepreserveerde gemmer in verjuice-stroop.
 

Fair cape het 'n splinternuwe free range-joghurt bekendgestel. Gevul met "goeie" bakterie, maklik absorbeerbare kalsium, proteïen en sink dra dit by tot 'n gesonde verteringstelsel en lewenstyl. Eet dit as 'n versnapering, nagereg of "pick-me-up". Dit is gemaak van organiese melk – dit beteken daar is geen bygevoegde hormone of dierprodukte nie. Beskikbare geure is framboos, naartjie, aarbei, rooibos, rooibos en heuning en rooibos en suurlemoen.
 

Stuur jou persverklarings van nuwe produkte en dienste na Rozanne

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
e-pos jouwêreld

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]