Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




KREATIEF: Maak 'n mosaďektafel – in 6 stappe   

jouleefstyl

deur Wilna Myburgh

Gryp daardie vaal ou tuintafel en trek vir hom 'n splinternuwe baadjie aan – met mosaďekteëls!

 

(Foto's deur Wilna en Rozanne Myburgh)

Wou jy nog altyd 'n mosaďek gemaak het maar weet nie waar om te begin nie? Die eenvoudigste manier om die groot stap te neem en met mosaďek te begin, is om 'n simmetriese ontwerp met heel teëls van dieselfde grootte te maak. As jy eers hiérdie basiese tegnieke van ontwerp, plak en grout  bemeester het, kan jy 'n teëlknipper aankoop en laat waai!

Namate jou vaardigheid verbeter kan jy, buiten keramiekteëls, ook gebruik maak van glas, half-edelstene, klippies, spieëls, skulpe en metaalteëls. Daar is heelwat patrone en idees op die internet beskikbaar. Dink wyd: jy kan antieke en moderne ontwerpe gebruik, ontwerpe in jou gunsteling kleure en abstrakte of bekende ontwerpe.

Maar wag, laat ons nie onsself vooruitloop nie – hier volg die stappe vir 'n eenvoudige mosaďektafel:

Stap 1: Beplanning en aankope
Sorg dat jy sommer 'n paar ure tot jou beskikking het sodat jy rustig deur jou plaaslike mosaďekwinkel kan dwaal – dit is die beste manier om inspirasie te kry. As daar nie 'n winkel in jou omgewing is wat in mosaďek spesialiseer nie, kan jy sommer na 'n algemene teëlhandelaar toe gaan.
Dit werk ook!

Nadat jy jou in die kleure en vorms van die beskikbare teëls verlustig het, besluit watter oppervlakte jy gaan versier met jou eerste kunswerk.

Ons het op 'n ou, vaal tuintafel van sement besluit. Dié tafel het eers onbenut in die hoek van die erf gestaan – niemand wou hom gebruik nie, omdat hy so vaal, afgeleef en onvriendelik voorgekom het. Maar die mosaďek het sommer gou nuwe lewe in hom geblaas, en nou is hy die middelpunt van belangstelling en gebruik! 

Meet jou tafel sodat jy kan uitwerk hoeveel teëls om te koop. Afhangende van hoe ambisieus jy is, kan jy dalk 'n meer komplekse ontwerp wil skep. Ons het egter op ‘n eenvoudige simmetriese ontwerp, met drie verskillende teëlontwerpe in dieselfde kleurskema, besluit.
Vra raad by jou mosaďekwinkel as jy onseker is oor hoeveel teëls jy moet aankoop.

Stap 2: Pak jou ontwerp uit
Voor die pret kan begin moet jy natuurlik eers die tafel skoonmaak. Pak die teëls op die tafel en speel rond totdat jy tevrede is met jou ontwerp. Maak doodseker dat jy genoeg teëls het en dat hulle reguit lyne vorm. 'n Liniaal en maatband sal hier goed te pas kom.

Stap 3: Plak die teëls
Sodra jy tevrede is, kan jy tot die plak-stadium oorgaan.
Die beste is om met die buitenste rand te begin. As dit 'n buitetafel is moet jy gom gebruik wat vir buite-gebruik geskik is. Kies 'n hoekteël smeer hom met genoeg gom en druk hom stewig vas. Werk teël vir teël, geleidelik na binne, totdat al die teëls vasgeplak is. Nou kan jy vir jou ‘n tee’tjie gaan ingooi en ontspan – die gom sal tussen 12 en 24 uur neem om droog te word.

Stap 4: Amper klaar
Maak die grout (het jy geweet dat die Afrikaanse woord hiérvoor “voegbry” is?)    volgens die instruksies op die verpakking aan. Wit grout laat die ontwerp uitstaan, terwyl 'n donkerder grout – soos duifgrys – met die teëls sal saamsmelt. Gebruik 'n afvalstukkie hout of 'n roomysstokkie om die grout oor die teëls te smeer.
Maak seker dat dit in al die gleufies ingaan – die beste stuk gereedskap is eintlik jou hande. 'n Rol handdoekpapier is ook baie handig in dié stadium om enige halsstarrige grout te verwyder. Hierdie is gewoonlik die tyd wanneer mens begin wonder of dit ooit sal lyk soos dit moet. Los dit vir 'n uur om droog te word – nou is dit inderdaad tyd vir nog ‘n koppie tee! Maar, as die senuwees knaag oor jou eindproduk, skink gerus ‘n glasie wyn!

Stap 5: En siedaar!
Gebruik 'n klam sponsie om die oortollige grout te verwyder. Inspekteer elke gleufie en maak seker dat die teëls mooi uitstaan. As die grout intussen te droog geword het, kan jy dit natmaak – hou egter steeds die handdoekrol naby vir wanneer dit weer te nat word.

Stap 6: Die einde
Vryf nou die teëls blink en bewonder jou handewerk – dan bel jy al jou vriende en nooi hul vir ‘n spog-tuinpiekniek op jou spogtafel!

 

 Druk hierdie bladsy uit
 
 
 
Vir meer inspirasie koop dié boeke en teëls op kalahari:










 
 
 
 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]