Rozanne Myburgh

deur Rozanne Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Maak jouself mooi vir die somervakansie en bederf jou lyf van kop tot tone met hierdie produkte. Jy staan 'n kans om een van twee heerlike geskenkpakke te wen!

Somer is die ideale tyd vir ontspanning, rus en vernuwing. Maak die meeste daarvan deur ons somer-skoonheidswenke vir jou hele lyf te volg.

Jou lyf
Ja, dit is waar, 'n sonbruinlyf is in die mode en dit verskans 'n hele spul van 'n mens se minder perfekte areas, maar dit is geen goeie rede om jou vel vir die mode te verwoes nie. Koop eerder 'n hoë-gehalte verbruiner.
As jy baie tyd in die buitelug spandeer, maak seker jy gebruik 'n sonskerm met sonbeskermingsfaktor van minstens 15 SPF of meer.
As jy in die son verbrand het, keer die ergste skade deur Aleo Vera daaraan te smeer. Dit is ook goed vir skaafplekke en bytmerke.

Probeer gerus
Lux se seepkoekies en vloeibare seep bestaan uit 'n kombinasie van makadamia-olie en Chantilly. Jy kan kies uit Touch Me, Kiss Me, Taste Me, You Shine, Even Glow, Shake Me Up en Wake Me up.


Jou lippe
Gebruik lipglans om jou voorkoms op te kikker, maar hou jou grimering aan die ligte kant – jy wil nie lyk asof jy in die hitte smelt nie, of hoe?
Drink minstens agt glase water 'n dag. Dit sal jou lippe, lyf en vel bevogtig.
Onthou die vel op jou lippe is baie sensitief en moet met sorg behandel word. Kry vir jou 'n liproom wat ook 'n sonskerm bevat vir die dae wat jy heeldag in die son is.

Probeer gerus:
LiP iCE vertroetel al sedert 1965 Suid-Afrikaners se lippe. Dit is nou in 'n splinternuwe verpakking beskikbaar. Kies uit Spearmint, Original, Bubblegum, Orange, Coco Butter en Musk.

 

 




Jou hare
Wend die krag van die son tot jou voordeel aan deur suurlemoensap deur jou hare te kam. Dit sal vir jou natuurlike sonstrepies gee. En dit spaar boonop geld en tyd wat jy in die salon sou spandeer het.
Probeer om jou hare minstens eenmaal 'n week met 'n intensiewe opknapper te bederf. Dit is veral belangrik as jy baie swem want hare raak maklik droog, vaal en breekbaar.
Nog 'n wenk vir die wat op swem versot is: kam opknapper deur jou hare om dit teen die effek van die chloor en sout in die swembadwater te beskerm.

Probeer gerus
Gebruik TREsemmé se HEAT DEFENCE styling spray of hul SALON FINISH firm hold hair spray om jou hare perfek in toom te hou.

Besoek TREsemmé se webwerf.

Vir absolute beheerde styl en houvermoë probeer VO5 se EXTREME STYLE texturisingGum of mattClay.
Kry 'n bietjie kleur met Colour Mousse van VO5 in onder meer Beige Blonde, Rich Brown en Mahogany.

Besoek Vo5 se webwerf.


Jou hande
Skaf vir jou 'n klein bottel handeroom aan vir jou handsak, sodat jou hande altyd bevogtig word.

Probeer gerus
Hou die kieme weg deur jou hande met Protex se Liquid Hand Soap te was.

Of probeer Palmolive se Fruit Essentials in Pomegranate and Mango of Grapefruit.

Die belangrikste wenk bly steeds: Ontspan en geniet die tyd saam met vriende en familie. Dit is tog hulle wat jou lewe die moeite werd maak.

 

 

jougeskenke

2 Gelukkige lesers kan elk 'n somer skoonheidsgeskenkpak ter waarde van R400 wen. Die geskenkpak bestaan uit produkte soos LiP iCE, Lux, Palmolive, Alberto Balsam, Protex, VO5, TREsemmé en nog meer. 
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW SKOON, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Desember 2009.

Lees ook die kompetisiereëls.

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend