September 2008

 

 


  '
n Spogmat vir jou woonkamer

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rosa Myburgh

Omskep goedkoop badkamermatjies in 'n unieke en spoggerige mat vir jou woonkamer in drie maklike stappe


(foto's deur Wilna Myburgh)

Is jou leefvertrek "mat-loos"? Is jy lus vir bietjie kleur in jou huis? Of soek jy iets uniek - iets uitstaande – wat jy nie om elke hoek en draai sal raakloop nie?

Jouwêreld het die antwoord! Ons koop badkamermatte, werk hulle aanmekaar vas en siedaar – ons het een groot mat vir die vaal kol gevind! Vir ons vertrek het ons 'n eenkleurige heldergroen mat gemaak. Daarby het ons kussings en 'n bak vir die koffietafel gekoop om die kleur te herhaal.
 

Stap 1: Meet
Meet die spasie waar jy die mat wil hê om te bepaal hoeveel matte jy gaan benodig.
Stap 2: Winkel toe!
Gaan na enige winkel met 'n badkamerafdeling. Kyk vir wollerige langhaarbadkamermatte. Die lang hare verdoesel die nate wat vorm as jy dit aanmekaar vaswerk.
Kyk na verskillende groottes en bepaal hoeveel matte jy gaan benodig. Lê dit sommer op die winkel se vloer uit om die effek te kry. Hier kan jy nou lekker speel: gebruik matte van verskillende kleure wat by jou kleurskema inskakel of gebruik een kleur, soos ons.
Koop ook wol en naalde om die matte vas te werk. Hekelgare werk ook baie goed. Soek 'n kleur wat die beste by jou matkleur inskakel.

Stap 3: Tuis? Maak jou mat!
 

Rangskik nou weer die matte in die vertrek waar jy dit gaan gebruik. Werk die matte met die hand aanmekaar vas. Regte kante teen mekaar. Gebruik oorhandse steek. Die steek word skuins van regs na links gewerk. Moenie die steke te styf trek nie want dit sal die matte laat oprol. Werk al die matte so vas.  Draai nou die matte na die regte kant toe terug.

Nou kan jy met jou luukse, pragtige mat spog!


 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

 

 

 

 



 


 

Win a LCD TV