Oktober 2008
Jaargang 1 Uitgawe 3

 

 

   Somergereed en sexy

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rozanne Myburgh

 

Sukkel jy nog met 'n droë vel na die winter? Ons gee vir jou wenke vir 'n ordentlike vel-vernuwing.


(foto deur charles.frith)

Dit is makliker as wat jy dink om jou vel weer in 'n strand-gereed-toestand te kry. Volg ons wenke om die oorlog teen jou wintervel te wen:

1. Die Slag van Waterloo
Kenners meen dat jy vir 'n gesonde vel sowat 6 - 8 glase water per dag moet drink. Jy hoor dit baie en as jy dit nog nie begin toepas het nie, is dit nou tyd. As jy nog nie van die voordele van water oortuig is nie, sal ek verduidelik: Water is alkalies (met 'n pH van 7.3) en doen dus wondere vir enige veltoestand. Dit bevogtig en hou jou vel soepel. So, moenie net daar sit nie – skink sommer dadelik 'n glasie!

2. Ontplooi jou scrub
Jou vel maak duisende nuwe selle elke dag en ou selle gaan nêrens heen nie. Hulle bly daar sit en laat jou vel vaal en wel, dood, voorkom. Dit is dus belangrik om, in jou oorlog teen 'n droë vel, 'n goeie velafskilfermiddel (exfoliater) te kry. Rêrig, ek belowe. Koop sommer 'n loofah ook en gebruik dit so twee tot drie keer per week. Hou tog in gedagte dat die vel op jou gesig en nek baie sensitiewer as op die res van jou lyf is. Gebruik die regte produk vir die regte deel van jou lyf!

3. Jou troepe het kos nodig
Die waarheid is, dat wat jy in jou mond sit werklik 'n invloed op jou lewenskwaliteit het. Maak dus seker jy eet gesond. Jy hoef nie vervelig te wees en nooit jou mond aan iets lekker te sit nie. Die belangrikste ding om te onthou is om 'n balans te handhaaf en matigheid voor oë te hou. En natuurlik, as jy groente, vrugte en vesel in jou dieet inwerk, is jy op die regte pad.

4. Skeer is die beste geweer
Jy hoef nie te bieg nie: ons almal weet dat jy in die winter bietjie lui raak om jou beenhare te skeer. Niemand sien tog jou bene nie, of hoe? Dit help tog nie om met 'n stukkende geweer sonder patrone dié slagveld binne te tree nie. Skaf vir jou 'n goeie skeermes en skeerroom aan om van die ongewenste hare ontslae te raak.

5. Die son is jou grootste vyand
Dit is tyd vir hoede en sonskermmiddels want jou grootste vyand, Ra, het opgedaag. En dit is nie nodig om al die kort- en langtermynnadele van sonskade vir jou op te noem nie, jy weet dit tog self.

6. Rus, al is die geveg nie verby nie
Dit mag dalk teenstrydig klink, maar die oorlog teen 'n droë vel is al halfpad gewen as jy genoeg rus kry. Dit gee jou vel kans om te herstel van al die streshormone waarmee hy deur die dag gebombardeer word.

7. Natuurlik, natuurlik
Die natuur weet die beste. Probeer hierdie natuurlike oplossings vir 'n droë vel:
Vrugteslaai
Maak 'n puree van 1 piesang en 1 papaja, perske of avokadopeer. Gebruik dit op jou vel soos 'n gesigmasker.

Blommetjie-gedenk-aan-my
Kook malvablare in water. Verkoel en gebruik die water as 'n gesigwasmiddel.

Bak 'n koek
Meng hawermout, vanielje en bakpoeier. Voeg dit in jou bad met warm water en lê agteroor vir 30 - 60 minute.

8. Die regte ammunisie

Palmolive se Pure Cashmere: Palmolive se nuwe lyfwasmiddels is spesiaal ontwerp om jou vel sag en seepglad te maak. Irresistible Softness Bar Soap is R6.99, Sensitive Care Bar Soap is R6.99, Irresistible Softness Shower Gel is R21.99 en Sensitive Care Shower Gel is R21.99.

Probeer ook Dr Hauschka se natuurlike produkte soos die Quince Body Moisturiser of die Rose Body Moisturiser (150 ml) Vir meer inligting en om te sien waar Dr Hauschka beskikbaar is, besoek http://www.drhauschka.co.za/

Gebruik BIC se nuwe Soleil Clic-skeermesse. Hulle het drie lemmetjies en 'n ekstra breë bevogtigende strokie van aloe en shea-botter. Dit is beskikbaar teen R49.95 en kom in vier kleure. 'n Hervulpak kos R42.95. 

Wen!
Twee lesers kan elkeen 'n BIC Soleil clic-skeermesgeskenkpak ter waarde van R250 elk wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW SKEER, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.
(Lees ook die kompetisie-reëls op jougeskenke)

Vir meer inligting en interessante skeer-feite, besoek www.soleilclic.co.za

Probeer ook gerus Dermalogica se Shave System-reeks. Die produkte word spesiaal vir mense met probleemvelle ontwerp – dit help onder andere met breakouts, ingroeihare en tekens van veroudering. Die Dermalogica Shave System is 'n drie-stapproses. Daar is verskillende produkte om te gebruik voor jy skeer, terwyl jy skeer en nadat jy geskeer het.

 

Clean Bar 142g - R235.00
Daily Clean Scrub 120ml – R305.00
Pre-Shave Guard 190ml – R295.00
Soothing Shave Cream 180ml – R220.00
Invigorating Shave Gel 180ml – R220.00
Close Shave Oil 30ml – R230.00
Post-Shave Balm 50ml – R330.00
Daily Defense Block SPF15 100 ml – R450.00

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

 

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joutuisblad ] stuur 'n e-pos ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jouse ] jougeskenke ]