|
jouleefstyl
Lafenis vir 'n lang dag
Ystee-granita kan op verskillende verfrissende maniere geniet word – selfs met ‘n bietjie skop! Volg dié koel resep, sit agteroor en geniet.
Deur Wilna Myburgh
Hierdie ystee-granita is heerlik verfrissend. Granita is 'n Italiaanse nagereg, maar dit kan ook tussen geregte geniet word om die palet skoon te maak of deur die (warm) dag geëet word. Dit word nie soos sorbet solied gevries nie, maar is eerder soos ys-slush.
Jy benodig: 6 teesakkies (rooibos, gewoon, kruisement) 1 l (4 koppies ) kookwater 100 ml bruinsuiker 60 ml vars suurlemoensap (van 1 groot suurlemoen)
Hierdie is eintlik
werklik ystee, aangesien jy tee maak en dit dan vries! So, gooi die
kookwater oor die teesakkies en laat dit vir ten minste 5 minute trek.
Druk die teesakkies – dit moet amper te sterk wees om net so te drink,
aangesien dit flouer word as dit gevries is.
Versoet dit met die
bruinsuiker en voeg die suurlemoensap by.
Laat effens afkoel en
gooi dan in 'n metaalbak. Metaal gelei die koue beter, maar jy kan dit
ook in 'n plastiekbak met 'n deksel sit, aan te beveel as jy nie wil
mors nie. Prop dit in die vrieskas. Gaan roer dit elke halfuur deeglik. Jy moet al die groot stukke ys fyndruk (sommer met 'n vurk) en dit deur die mengsel versprei. As jy dit vries terwyl dit nog warmerig is, duur dit ongeveer 2 ure. Nou kan jy dit in 'n bak met 'n deksel skep, as dit nog nie in een is nie. Wanneer dit baie warm is, sit ek dit altyd na die laaste roer vir nog 10 minute terug in die yskas, voor ek dit bedien.
Maar wag, voor jy hap, hier volg verskillende maniere waarop jy dit kan geniet:
Ystee-granita op sy eis
Ystee-granita in die
vrugteboord
Ystee-granita met 'n
borreling
Ystee-granita met 'n
skop
|