November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 


  Lafenis vir 'n lang dag

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Wilna Myburgh

E-pos die skrywer

Ystee-granita kan op verskillende verfrissende maniere geniet word – selfs met ‘n bietjie skop! Volg dié koel resep, sit agteroor en geniet.

(foto's: Rozanne en Wilna Myburgh)

Hierdie ystee-granita is heerlik verfrissend. Granita is 'n Italiaanse nagereg, maar dit kan ook tussen geregte geniet word om die palet skoon te maak of deur die (warm) dag geëet word. Dit word nie soos sorbet solied gevries nie, maar is eerder soos ys-slush.

Jy benodig:
6 teesakkies (rooibos, gewoon, kruisement)
1 l (4 koppies ) kookwater
100 ml bruinsuiker
60 ml vars suurlemoensap (van 1 groot suurlemoen)

Hierdie is eintlik werklik ystee, aangesien jy tee maak en dit dan vries! So, gooi die kookwater oor die teesakkies en laat dit vir ten minste 5 minute trek. Druk die teesakkies – dit moet amper te sterk wees om net so te drink, aangesien dit flouer word as dit gevries is.

Versoet dit met die bruinsuiker en voeg die suurlemoensap by.

Laat effens afkoel en gooi dan in 'n metaalbak. Metaal gelei die koue beter, maar jy kan dit ook in 'n plastiekbak met 'n deksel sit, aan te beveel as jy nie wil mors nie.

Prop dit in die vrieskas. Gaan roer dit elke halfuur deeglik. Jy moet al die groot stukke ys fyndruk (sommer met 'n vurk) en dit deur die mengsel versprei. As jy dit vries terwyl dit nog warmerig is, duur dit ongeveer 2 ure. Nou kan jy dit in 'n bak met 'n deksel skep, as dit nog nie in een is nie. Wanneer dit baie warm is, sit ek dit altyd na die laaste roer vir nog 10 minute terug in die yskas, voor ek dit bedien.

Maar wag, voor jy hap, hier volg verskillende maniere waarop jy dit kan geniet:

Ystee-granita op sy eis
Goed, goed, hap maar aan die stukke ys. Skep die ystee-granita in 'n glas, eet dit met 'n lepel en hou 'n strooitjie byderhand vir wanneer dit begin smelt.

Ystee-granita in die vrugteboord
Maak die glas so halfpad vol met granita en vul dit op met vrugtesap. Tropiese vrugte, grenadella, perske, lemoen en mango werk almal ewe goed.

Ystee-granita met 'n borreling
Hier raak dit meer waaghalsig. Vul die glas halfpad met granita en gooi dan Coca-cola of Sprite by. Bederf jou drankie met 'n skyfie suurlemoen.

Ystee-granita met 'n skop
'n Vodka-skop om presies te wees. Gooi 'n tot (of doppie vol) vodka in 'n glas. Voeg ystee-granita by, so driekwart-glas. Maak vol met Sprite of sodawater. Natuurlik sal 'n brandewyn-skop met vrugtesap ook werk.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember


 
Lees ook Wilna se resepte in ons vorige uitgawes:
 
Spekburger met sampioensous en uieringe
Braaisous-hoender met groenbone, olywe en fetakaas
Varktjops in koffie- en uiesous
Romerige appelciderhoender met spek en sampioene
Klappermelkkerrie met lensies en groente 
Plaatkoekies – met ‘n
verskil

Gemmer-vonkelwyn
Koue Beetsop met gedraaide blaardeeg-stokkies
Pienk pons
Hoender in spek met bosbessie-rosé-sous
Radys- en fetakaasslaai
Framboos- en appelkrummelpoeding met aarbei-marmer-roomys
Koffie met sjokoladetjies
Speserye – te kies, te keur en te geur
Soete plesier: skons en aarbeie
Paptert my ma s'n
Gebraaide tortillawiggies met bokmelkkaas en soetrissie- en tamatierelish
Biefstuk met kruie-suurlemoenbotter
Gebraaide sampioene met suurlemoen-kruiebotter
Spinasie-slaai met spek en avokado
Broodvlegsel met vars kruie, suurlemoenskil en mozzarellakaas
Ment- en koffieroomys
Vegatariese braai