druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 

   Opgekerriede vleis, rys en aartappels

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Wilna Myburgh

Daar is meer in kerrie as wat die westerse oog kan sien 

Kitsgids:
Maalvleiskerrie
Aartappelkerrie
Kool- en klapper


jouwêreld het verlede maand 'n spesiale kuiergas uit 'n verre land in die Middeooste gehad. Voor julle nou té spesiaal voel – sy het nie vir my of vir julle kom kuier nie, maar vir medewerker Saartjie de Wet en dié het haar goedgunstelik "geleen" om vir ons aan't huis te kom kerrie maak.

Shelagh Innes is in Sri Lanka gebore en is op kerrie grootgemaak. In haar wêreldreise het sy telkens by restaurante se kombuise ingeloer en gevra dat hulle haar leer hoe om hul kerrie te maak. Sodoende het sy 'n groot versameling resepte bymekaar gemaak. Sy het vir ons die maalvleiskerrie met die unieke koolbygereg gemaak.
En nou kan julle dit ook maak! En, hopelik net so geniet soos ons die ete geniet het!

Maar eers, 'n belangrike kennisgewing: Kerrie is 'n spesery. Nie net iets wat die tong brand en in 'n pakkie in die supermark verskyn nie.
Dit bestaan uit verskillende speserye wat volgens smaak gemeng word. Sien, dis die Britte wat alles omgekrap het. Nadat hulle kerrie in Indië geproe het, het hulle besluit om dit vir hulself makliker op eie bodem te maak en het begin om kerriepoeier te vervaardig. Kommersiële kerriepoeier is nie soos die "regte" kerrie nie. Jy sal dit gou agterkom as jy dit self begin maak. As jy meer oor speserye wil leer kan jy gerus in die September-uitgawe van die verskillende speserye lees. Daar is ook 'n resep vir Madras-kerriepoeier wat jy self kan maak.

'n Kerriemaaltyd bestaan gewoonlik uit drie of vier verskillende bygeregte van kerrie. Hierdie kerries kan enigiets van vleis, aartappels, lensies en groente tot vis of eiers bevat. Dit word met basmatirys bedien en blatjang en sambals. Natuurlik moet jy nie die poppadoms vergeet nie!

Ongeag van watter soort kerrie jy maak, begin jy altyd deur die speserye te braai. Jy besluit watter geure jy wil hê en die uitverkorenes word in olie of botter gebraai. Sodoende stel jy die geure vry en kan die speserye goed al die bestanddele wat jy nog gaan byvoeg bedek.

Hierdie is die kerrie-ekwivalent van tradisionele vleis, rys en aartappels – die rys is in die geval basmatirys, die vleis is die maalvleiskerrie, en aartappelkerrie vervang die gebakte aartappels. Dan het jy nog die "slaai/groente"-komponent, in die geval die kool- en klapper. En dit werk baie goed so!


 


Kyk net hoe vinnig is die om te maak – daar is skaars stappe om te volg!

25 ml olie
10 ml fyn koljander
10 ml fyn komyn
30 ml kerriepasta
10 ml garam masala
15 ml vars gemmer
1 ui, fyngekap
500 g maalvleis
30 ml tamatiepuree
250 ml biefekstrak
'n hand vol sultanas

Verhit die olie en braai die speserye vir 1 – 2 minute.
Voeg die ui by en braai nog 'n minuut. Gooi die maalvleis by en meng met die uie en speserye.
Voeg die tamatiepuree, biefekstrak en sultanas by en bring tot kookpunt. Kook totdat die maalvleis gaar is en die water weggekook het.

Die geel aartappels met die donker kolletjies van die mosterd- en koljandersaad is vir my baie mooi. En, gelukkig is dit ook baie lekker om te eet!

15 ml olie
7.5 ml swartmosterdsaad
7.5 ml koljandersaad
7.5 ml vars gemmer
5 ml borrie
handvol kerrieblare
1 ui, fyngekap
500 g aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
375 ml water

Kook die aartappelblokkies vir ongeveer 5 minute en gooi die water af.

Slaan die koljandersaad – met 'n vysel of 'n hamer - net om van hulle te breek. Dis nogal lekker as jy hulle so raakbyt!

Verhit die olie in 'n kastrol. Gooi eerste die mosterdsaad in. Sodra die vet begin spat, of in die geval die mosterdsaad, voeg al die ander speserye by. Roer en braai vir ongeveer 1 minuut. Voeg die uie by en roerbraai vir nog 'n minuut.
Voeg dan die aartappel by en roer om dit goed met die speserye te bedek. Gooi ook sout en peper by. Die swartpeper is in die geval die ene wat die brand gee.

Gooi die water by en bring tot kookpunt. Kook, sonder 'n deksel, totdat die aartappel sag is en die water weggekook het. Proe vir nog sout en peper. Haal die kerrieblare uit voor jy dit opdien – tensy jy van die heel blare hou.


Maak die – moenie bang wees nie - dis heerlik! Dis net die regte ding om die hitte uit die kerrie te help versag.
1 ui, fyngekap
olie
kool (1 klein of ¼ groot), in dun repies
klapper

Braai die ui in die olie totdat dit begin sag word. Gooi die kool by en braai vir ongeveer 5 minute. Dit moet nog 'n effense crunch hê.
Gooi dan die klapper by en braai totdat die klapper begin bruin word.

 

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep