Augustus 2008

 

 


 


"Besoek www.kinderwerf.co.za vir gratis leeskaarte, alfabetkaarte, speletjies en nog vele meer. Word ook deel van ons Loebi- leesklub en geniet stories en aktiwiteite in jou moedertaal!" 


 Rooiwarm Bemarking. Peppor.com

South Africa Online




OPVOEDING: 'n Ouer se moet-weet gids oor internetveiligheid    

jouleefstyl

deur Jamie Jefferson

Moenie toelaat dat die internet ‘n monster word wat jou kinders se veiligheid bedreig nie – jy kan in beheer bly!
  Grafika: Rozanne Myburgh

Om vandag 'n ouer te wees, is baie anders as wat dit in die verlede was. Alhoewel die internet al amper 20 jaar in ons huise is, is dit maar eers die laaste 5 tot 10 jaar wat tieners en kinders maklik toegang daartoe het.

As jy begin voel dat jou kinders meer van die aanlyn-węreld weet as jy, is dit geen wonder dat jy oor hul veiligheid bekommerd is nie. Daar is gelukkig baie stappe wat jy kan neem om jou kinders te beskerm en om hul aanlyn-gedrag so te lei dat hulle veilig is.

Hier is 5 belangrike plekke om by te begin:
1. Die eerste stap wat jy moet neem is om rekenaars uit jou kinders se kamers te verban.
Die hele gesin moet 'n rekenaar, wat in 'n besige gebied van die huis is, gebruik.
Deur die rekenaar – en jou kinders – in sig te hou help om die webwerwe wat hulle aanlyn besoek, en die tipe aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem, te verminder. Nog 'n goeie idee is om kinders se tyd op die rekenaar te beperk. 'n Kind wat net 'n uur op 'n dag voor die rekenaar besig is, kan in baie minder moeilikheid kom as 'n kind wat 4 tot 6 uur per dag op die rekenaar spandeer.

2.
Stel 'n paar grondreëls vir jou kinders se internetgebruik vas.
Byvoorbeeld: Baie ouers laat hulle kinders toe om hul eie e-posadres te hę, maar net as die ouers die wagwoord het.
Wanneer jy weer die rekenaar gebruik kan jy kontroleer dat dié reël nie gebreek word nie deur die history-funksie te gebruik en seker te maak dat geen ongemagtigde e-posadresse gebruik word nie.

3.
Myspace is deesdae een van die gewildste webwerwe.
Dit is 'n sosiale gemeenskap wat mense van oraloor saambring. Dit het ook 'n populęre webwerf vir tieners en pre-tieners geword om mekaar na skool te ontmoet. Jy kan verseker dat jou kinders veilig bly deur saam met hulle hul Myspace-profiel op te stel. Sodoende ken jy die wagwoord en kan jy van tyd tot tyd daarna gaan kyk. Maak seker dat jy jou kinders duidelik inlig van die belangrikheid daarvan om net met vriende te kommunikeer.
Daar is baie spam-programme wat sal vra om jou kind se vriend te wees en hom/haar dan aan onvanpaste materiaal blootstel.
As jou kinders net vriend-navrae van mense wat hulle in die regte lewe ken, aanvaar sal hulle minder aan ongewenste materiaal blootgestel word.

4. Maak seker dat al jou pogings om jou kinders te beveilig, nie heeltyd bestraffend is nie.
Jy kan baie probleme voorkom deur eerder in jou kind se aanlyn-lewe betrokke te wees. Besoek saam webwerwe en laat hulle jou wys waar hulle graag aanlyn "uithang".
Moedig hulle aan om jou te vertel van hul aanlyn-vriende en hoe hulle aanlyn hul tyd spandeer. As jy deel is van hul węreld, sal jy presies weet wat hulle doen en of hulle jou grondreëls nakom of nie.

5. As dit moet, kan jy jou ouerbeskerming na die volgende vlak neem deur professionele moniteringsagteware te installeer wat jou presies sal wys waar hulle was.
Hiérdie sagteware kan ook die gebruik van spesifieke webwerwe beperk. Dit kan van groot hulp wees as jou kind jonk is.

6. Om jou kind aanlyn te beskerm sal makliker wees as jy van die begin af betrokke is by dit wat hulle doen.
Vriendelike wisselwerking tussen jou, jou kind en die internet op 10-jarige ouderdom is baie makliker as om 'n 16-jarige se slegte aanlyn-gewoontes te stop.
Net soos ander areas van ouerskap, is dit beter om eers te probeer om die probleme te voorkom.
 

Jamie Jefferson skryf ook vir Susies-Coupons.com, waar jy Vistaprint Coupons asook Symantec Coupons kan vind.
Symantec het verskeie programme beskikbaar om aanlyn-veiligheid te verseker en wat aanlyn-privaatheid beskerm.
Bron:
www.freearticles.co.za

 Druk hierdie bladsy uit
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Vir meer inspirasie koop dié boeke op kalahari:






 
 

 

 

 

 Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

tuis ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] medewerkers ] joumenswees ] joupolitiek ] jouvermaak ] vertel jou vriende ] teken in ] adverteer ] e-pos die webmeester ]