April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 


   Versier jou herfsfees

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Wilna Myburgh

















 

 

Maak eetbare servetringe, naamkaartjies en rangskikkings om jou herfstafel te versier. 

 

kitsgids:
Kleur
Versiering
Broodblaar-naamkaartjies
Broodstokkie-ruikers
Broodservetringe
Lensies en ertjies




Ons het tafeldoeke in roesoranje en donkerolyfgroen gemaak. Daarby saam het ons drie verskillende kleure organza gekoop – ook olyfgroen, roesoranje en donkerrooi - net 1.5 meter van elk is oorgenoeg om oor die lang feestafel te drapeer. Hierdie kleure bied 'n dramatiese, dog ryk en vrolike atmosfeer, vir herfs.



[terug na bo]

Die eerste keer wat ek gesien het mense sit brooddeeg deur hul pastamakers het ek gedink daar kan net groot dinge daarvan afkom. As mens eers sulke mooi, lang en dun strepies brood het, is daar absoluut niks wat in die pad van jou kreatiwiteit kan staan nie. Boon-op is dit 'n lekker gesprekspunt en eetding vir die ete – jou gaste kan die hele tyd eet terwyl hulle op die volgende gereg wag. 'n Servetring saam met sop is heerlik!



[terug na bo]

Sny 'n stuk deeg af – so hokkiebal-grootte om mee te begin. Druk dit plat met jou hande. Gooi baie meel op dit aan beide kante. Strooi ook meel oor die pastamaker. Werk dan die deeg deur die pastamaker – net tot op die tweede dikste verstelling – die grootste by my is 7, so ek rol dit een keer daardeur en dan een keer op 6.
As dit enigsins opbondel of plooie maak, strooi met meel vou toe, druk plat en druk weer deur.
Jy kan dit met 'n koekroller ook uitrol – die pastamaker maak net 'n mooier oppervlak.

Gebruik nou 'n skerp mes en sny blare uit die deeg uit. Plaas dit dan op 'n bakplaat en sny dan tot in die helfte van die deeg die takkie en are in.

Smeer met eiermengsel*. Gebruik 'n strooitjie om 'n klein gaatjie aan die een kant te maak sodat jy later 'n naamkaartjie daaraan kan vasmaak.
Bak by 180 °C vir 10 – 15 minute. Plaas op 'n afkoelrakkie om koud te word – as die gaatjies toegerys het, kan jy dit met 'n tandestokkie weer oopmaak.

* Voeg 10 ml melk of water by die eier en klits. Meng met ongeveer 5 ml paprika om 'n mooi roesbruinkleur te verkry. Jy kan dit ook met ongeveer 10 ml pesto meng om dit 'n groen skynsel te gee. En dit smaak ook lekker! Jy kan dit ook met meel strooi, en nie eier smeer, voor jy dit bak nie. Dan gaan dit net so ligbruin wees.

Om die naamkaartjies te maak het ons elke gas se naam getik, gedruk en uitgeknip. Maak dan 'n gaatjie in elke naamkaartjie en bind dit met 'n stukkie raffia aan die blaar vas.
Ons het die blaarnaamkaartjies op elkeen se glas gebalanseer.


[terug na bo]



[terug na bo]

Om broodstokkies te maak, gaan jy te werk soos met die broodblare – rol net die deeg tot op die tweede laaste verstelling (2) uit. Strooi dan weer met meel aan albei kante. Voer die dan deeg deur die fettuccine-attachment.
Strooi meel op jou werkoppervlak en sit die deegrepies daarop neer. Jy sal nou sien hoeveel meer deeg jy moet insit om langer stokkies te maak.
Jy kan natuurlik die deeg dun uitrol en in repies sny – dit werk ook – dis net nie so maklik en lekker nie!

Kry nou die grootste bakplaat wat jy besit uit. Smeer dit. Voorverhit die oond tot by 180 °C.

Smeer die broodstokkies met eier – sien die eiernota bo. Dit werk die beste as jy dit nie op die bakplaat met eier smeer nie, anders loop dit af teen die kante. Smeer dit liewer op jou werkoppervlak en dra dit dan na die bakplaat toe.

As jy die broodstokkies op die bakplaat sit, kan jy hulle so lank en reguit hou, of jy kan golwe maak, of jy kan (my gunsteling) dit lank en regtig maak en dan die punt in 'n spiraalvorm draai. Geniet jouself!

Bak dan die stokkies vir 10 minute. Dit moet heeltemal hard en crispy wees – dis nie lekker as dit nog sagte dele het nie. Soms neem dit nog 5 minute langer om te maak.

Verwyder van die bakplaat en plaas op afkoelrakkie om koud te word. Dit hou so 3 – 4 dae en jy kan dit weer in die oond sit om hard te word.

Vul blompotte met die broodstokkies en sit dit op die tafel as jou blommerangskikking. Dis heerlik om heeltyd deur die ete daaraan te smul!



[terug na bo]
 

Kry 2 - 3 leë kartonrolle van foelie of waspapier. Trek dit met skoon foelie oor en smeer met margarien of smeermiddel.

Maak nou deegrepies, presies soos vir die broodstokkies. As jy korter repies by die broodstokkies het, kan jy hulle uithou vir die servetringe. Neem drie op 'n slag en maak 'n vlegsel daarvan. Draai dit om die oorgetrekte kartonrol en sny af waar hulle bymekaar kom. Druk dan die punte plat teenmekaar vas. Die onderkant maak nie soveel saak nie, sit dit op dn gesmeerde bakplaat met die vashegting na onder. Dan maak dit sommer 'n plat staanplekke vir later.

Hou aan totdat jy genoeg ringe het vir die aantal gaste. Jy kan dit ook met die eier en paprika of eier en pesto smeer. Smeer net 'n dun lagie eier, en kyk dat dit nie borrels in die holtes maak nie. Bak dit by 180 °C vir 15 minute.

Verwyder so gou as wat jy daaraan kan raak die ringe van die kartonrol – as dit koud word sukkel mens want hulle breuk dan maklik.



[terug na bo]

Om jou herfstafel te voltooi, koop pakkies rooi lensies en groen ertjies (split peas), of enige ander bone of lensies wat by jou kleure pas. Ons het ook swartbone gebruik. Met die lensies, ertjies en bone kan jy patrone op die tafeldoek maak, van dit in blompotte gooi of daarvan in die blompotte by die broodstokkies gooi.
Mens speel te heerlik daarmee! En – as jy nie vol fiemies is nie, kan jy dit 'n ander dag net so bietjie was, kook en eet!
Ons het ook kassiastokkies gebruik om tekstuur te gee. Kassia is kaneel se nefie: dit is redelik dieselfde, alhoewel kassia growwer is, nie so 'n subtiele geur het nie en goedkoper is.


[terug na bo]
 

Kry jou resepte vir 'n feestelike viergang hier vir jou herfsfees.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep