|

T-hemde kry 'n nuwe gesig.
|
Kan dit gebeur? Ek het eendag so na my geërfde
hekellappies gekyk en besef ek is te
sentimenteel om dit weg te gooi – en ek is moeg
vir al die bokse wat my kaste volstaan. Na 'n
nag van min slaap het ek die antwoord gehad: Ek
gaan die lappies vir versiering gebruik. Dan het
die lappies ook 'n doel en ek het die
herinneringe om my.
Ek het by my sitkamer begin en rondgespeel met
verskillende lappies en teekoppielappies. Toe ek
tevrede met my skepping was, het ek dit
vasgewerk aan die sloop: En was ek nie trots op
my ou kussing wat 'n nuwe baadjie aanhet nie!
Toe die gogga my eers gebyt het, het ek my
lapservette beetgepak. Wat 'n transformasie – én
dit lyk boonop soos duur servette.
Daar het ek egter nie opgehou nie. My klere het
toe ook 'n beurt gekry – en toe ek eers begin
speel met lappies en t-hemde het ek dit al hoe
meer geniet. Badkamerhanddoeke lyk net soos nuut
en my badkamer voel luuks!
Die gogga het my gebyt en my tafeldoeke,
plekmatjies en inkopiesak spog nou met gehekelde
lappies!
|

Kussing getooi in
ouma se lap. |
|
Nuwe baadjie vir
'n ou kussing. |
Omtower 'n
gewone lapservet in 'n kunswerk. |
Laat jou
gaste spesiaal
voel met dié handdoek. |