wen
'n Freroux-geskenkpak, bestaande uit 'n verskeidenheid van hul velsorgprodukte ter waarde van R1 200.

Natuurlike resep bring redding



Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

'n Bloemfonteinse ouma se geheime familieresep raak Woolworths se eerste Suid-Afrikaanse velsorgreeks wat in hul winkels verkoop word – en help vroue om veroudering só teë te werk.

'n Oos-Kaapse boervrou se onbeplande oorslaap in Bloemfontein het 'n verrassende en verrykende nadraai vir die Suid-Afrikaanse velsorgreekse tot gevolg gehad. Want min het Reana le Roux toe geweet dat haar ouma se geheime gesigroomresep kort daarna die winkelgroep Woolworths se eerste Suid-Afrikaanse gesigreeks sal word wat in hul winkels verkoop word.
Dié gesogde Freroux-velsorgreeks bevat bestanddele wat die vel beskerm en versterk, veroudering teenwerk en veroorsaak dat minder plooie vorm sodat die vel jonger lyk.

Reana vertel hoe sy op 'n dag saam met haar man, Jacques, 'n aartappelboer van Cradock, Bloemfontein toe ry om 'n groot vrag aartappels by die mark te gaan aflewer. Hulle sou dieselfde dag terugkeer, maar weens 'n vertraging by die mark was hul verplig om daardie aand by haar ouma Freda in Bloemfontein te oornag. Sónder nagklere of 'n oornagtassie met die nodige gesiggoedjies – enige vrou se nagmerrie! Reana was verplig om van Ouma Freda se gesigroom te leen wat syself al vir jare lank meng.       
“Ek weet al jare van Ouma Freda se room, maar was nog altyd skepties oor hoe goed dié konkoksie werklik kan wees,” bieg Reana. “Omdat ek 'n sensitiewe vel het, het ek nog nooit daarvan gebruik nie – totdat ek daardie aand móés. En tot my verbasing was dit wonderlik!”
Ouma Freda het die roomresep met liefde vir haar afgeskryf, maar met een voorbehoud: dat dit nooit mag uitlek of weggegee word nie, aangesien dit 'n streng familiegeheim is.

Terug by die huis, maak Reana toe haar eie mengsel Ouma-roompies aan.
“My vriendinne merk later op dat my vel deesdae so mooi lyk, en kort voor lank moes ek vir hulle, hul ma’s en hul ouma’s ook begin room meng,” vertel sy. En voor sy haar oë kon uitvee, het sy 'n besige entrepreneurspraktyk op hande. Die produkreeks se naam, Freroux, is 'n samestelling van Ouma Freda se naam, en Reana en haar man se van, Le Roux.
Die media kom te hore van dié wonderroom wat daar doer op 'n Oos-Kaapse plaas gemeng word, en na onderhoude op onder andere Radio 2000 en SABC2, is Reana deur Woolworths genader om haar produkte te verkoop.
“So kry ons toe die geleentheid om Woolworths se eerste Suid-Afrikaanse gesigreeks te word wat in hul winkels verkoop kon word.”

Die Freroux-reeks brei oornag só uit, dat Reana en haar man hul plaas in die Cradock-distrik verkoop en na Rustenburg verhuis sodat sy nader aan Johannesburg kan wees om na haar sakebelange om te sien.
Dit klink miskien soos 'n fee-verhaal, maar dit was bitter harde werk, vertel Reana. “Die opofferings was groot en dit het finansieel baie moeilik gegaan, maar die wete dat my twee dogtertjies dalk eendag hul ouma-grootjie se room kan verkoop, maak dit tog die moeite werd!”

Hoekom Freroux?

Die Freroux-velsorgreeks bevat bestanddele wat jou vel beskerm en versterk, met 'n anti-inflammatoriese uitwerking wat die intensiteit van velsensitiwiteit verminder.
Gereelde gebruik sal algehele vermindering in die grofheid van die vel en fyn plooitjies tot gevolg hê, en laat die vel jonger lyk.
Een van die bestanddele, matrixyl, stimuleer kollageenproduksie in die vel. Wanneer matrixyl met ander peptides gekombineer word, help dit die onderste lae van die vel om homself te heel.
Matrixyl help ook om die verouderingsproses te vertraag, met 'n teenwerkende effek teen plooie en verdunning van die vel.
Die bevogtigende bestanddele beskerm en bevogtig die droë vel.
Hyaluronic-suur verspoedig die vernuwing van beskadigde selle deur diep plooie met tot die helfte te verminder, en fyn plooitjies en lyne amper heeltemal te verwyder.
Die reeks is geskik vir alle veltipes.

Die Freroux-velsorgreeks is beskikbaar by geselekteerde
Woolworths-winkels, apteke en spa’s landwyd.

Vind meer inligting oor die produkte en doen aanlyn-aankope by www.freroux.co.za.
Kontak ook 014 533 4973, of stuur 'n epos aan info@freroux.co.za.

Freroux bied 'n spesiale beginnerspakket dié maand aan. Die pakket bestaan uit 'n
dag- en nagroom, serum, toner, skoonmaakmiddel, ouma se room, 'n masker, oë-gel, grimeersakkie en 'n kopband, en kos R1 300, posgeld ingesluit.
Bestel dié pakket by info@freroux.co.za.

jougeskenke

8 Gelukkige lesers kan elkeen 'n Freroux-geskenkpak, bestaande uit 'n verskeidenheid van hul velsorgprodukte, ter waarde van R1 200 elk, wen.

SMS die woorde JW FRE, tesame met jou naam en e-posadres,
aan 36545 voor 31 Maart 2010.

Lees ook die kompetisiereëls.

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend