Christo du Plessis

deur Rosa Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend




Hou die kinders besig: omskep jou TV-kamer in 'n gemaklike teater, kry die DVD's en eetgoed gereed en ontspan! Jy kan ook dat jonger kinders hul eie springmielie-boksies versier.

Dis winter . . . dis koud en daar is min om te doen. Dan is die geld ook soms maar min – maar met slim beplanning kan jy óf saam met jou kinders kuier, óf jou kinders laat saamkuier: tuis!

Beplan saam met jou kinders 'n fliekaand

* Neem DVD's of videos uit.
Kinders se ouderdom en geslag speel 'n groot faktor in wat julle gaan uitneem. Maak seker dat daar iets vir almal is. Al moet jy dan meer as een fliekaand hou en dan vir elke kind, of groep kinders, 'n ander aand gee om te kan kies.
Besluit ook hoe laat julle gaan begin fliek, sodat daar genoeg tyd is vir alles wat julle uitneem.

* Omskep jou TV-kamer in 'n gemaklike teater.
Gooi matrasse op die vloer met los kussings en komberse. Trek die gordyne toe en hou die ligte afgeskakel vir 'n lekker fliek-atmosfeer.

* Sorg vir genoeg eetgoed.
Eetgoed is baie belangrik vir fliektyd, en springmielies is natuurlik 'n moet. Nou het mens weer met elkeen se verskillende smake en voorkeure te doen – maak seker dat elke kind 'n kans kry om iets te kies waarvan hy of sy hou. Dis net die tyd vir gemorskos! Eet sommer uit papierborde, dan maak julle nie so baie skottelgoed nie.
Lees ons idees vir smullekker eetgoed hier

Maak jou eie springmielie-bokse!


As jou kinders aan die jonger kant is, kan jy hulle hierdie kreatiewe projek deur die dag laat doen: Elkeen versier en vou sy eie boksie om springmielies in te sit.

Druk eenvoudig twee kopieë van die boksie-vorm op karton vir elke kind uit.

Laat elke kind dan hul twee papiere versier. Jy kan enige versierings uithaal: glitter, stickers, verf, inkleurpotlode – net waarvan hulle hou.

Knip dan elkeen se twee vorms uit en vou op die lyne. Plak dan die twee aan mekaar vas. Smeer nou weer gom en plak sodat die vier kante van die boks gevorm word. Plak dan die teenoorstaande onderste flappe aan mekaar vas om die bodem te vorm.

As jy die boksies vir springmielies gebruik, moet jy dalk maar die glitter wegpak – dit is geneig om die wêreld vol te spat!

Blaai deur die foto’s van die span versierders, Ian, Jan, Heidi, Mari, Chara en Hymne, wat ons gehelp het om hierdie boksies mooi te maak:

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend