|
Daar is 'n nuwe reeks velprodukte op die mark wat almal aan die praat het: Filorga se nuwe reeks wat bekend staan as Cosmesotherapie. Nou wat, kan 'n mens tereg vra, is dan nou so anders aan nog 'n reeks velprodukte? Die antwoord blyk te wees "alles". Maar kom ons begin by die begin.
Filorga se navorsing is gebou op die werk van die Franse estetikus, dr Michel Tordjman, wat saam met 'n span spesialiste in die laat sewentigerjare die proses van velveroudering bestudeer het. Die resultate van die navorsing het tot die ontwikkeling van Filorga se estetiese produkte gelei om veroudering teen te werk. Hierdie produkte was egter aanvanklik meer bekend onder estetici vir gespesialiseerde behandelings soos mesoterapie, afskilfering en fillers met sekere uitgesoekte salonne en dokters wat hulle kosmetiese reeks aangehou het.
Maar weereens het die Franse bewys dat skoonheid vir hulle 'n saak van erns is deur hul baanbrekerswerk om estetiese medisyne en kosmetiese produkte saam te voeg in 'n nuwe reeks. Die resultaat is Cosmesotherapie. Om dit te kon vermag is daar gebruik gemaak van 'n wye verskeidenheid van mediese dissiplines, naamlik estetici, dermatoloë, plastiese snydokters, aptekers en somatoloë.
Tans is daar agt produkte in die reeks beskikbaar.
* Iso Age is 'n dagroom wat bevorderlik is vir die vorming van noodsaaklike proteïene en is goed vir gedehidreerde en beskadigde velle.
* Iso Structure is 'n dagroom wat die vel fermer maak deur die weefsel saam te trek en sodoende verslapping teen te werk.
* Sleep and Peel maak die vel sag en is 'n nagroom wat voortydige veroudering beveg deur oornag sagkens die ou selle te verwyder. Dit verbeter ook die toestand van pigmentasie.
* Meso-C is 'n multivitamien-behandeling wat tekens van moegheid verwyder en 'n onmiddellike verjongingseffek het.
* Deep Fill versag die tekens van plooie deur hulle op te vul.
* Neocica bespoedig die herstel van beskadigde velle, hetsy deur afskilfering, laserbehandeling of inspuitings. Dit werk mee met die intensiewe herstel van beskadigde weefsel en voorkom ook erge irritasie.
* Meso Mask is 'n masker wat die vel hidreer, plooie beveg en pigmentasie ligter maak.
* Meso-Peel is 'n unieke produk wat dit nou vir die verbruiker moontlik maak om 'n afskilfering-behandeling veilig tuis te kan doen.
In Suid-Afrika is die reeks tydens 'n spoggeleentheid in die Michelangelo Hotel in Sandton City bekend gestel waar Suzette van der Merwe as die gasspreker opgetree het. Dit is alreeds beskikbaar by die verskaffers en 'n aantal salonne, maar Pretorianers kan ook uitsien na 'n kleinhandelwinkel wat later vanjaar in die nuwe Parkview Winkelsentrum in Garsfonteinweg oopmaak
jougeskenke
1 gelukkige leser kan 'n geskenkpak, bestaande uit Deep Fill, Sleep and Peel en Iso Structure van die Cosmesotherapie-skoonheidsreeks, ter waarde van R2 200 wen.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW COSME, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 30 Junie 2009.
Lees die kompetisiereels
|