Kreatief met kerse
jou kreatiwiteit en maak jou eie kerse.

Vir ons koffie-geïnspireerde ete het ons tafelversierings nodig gehad. Om by die tema te pas is daar op handgemaakte koffiegekleurde en -gegeurde kerse besluit.
Blaai deur die foto’s vir idees, maar moenie dat dit jou kreatiwiteit beperk nie – jy kan feitlik enigiets maak wat jou hart begeer. Sorg net dat jy 'n vorm gebruik waar die gestolde kers weer maklik kan uitkom. Dit is dus beter om 'n houer met 'n wye bek te gebruik.
Benodighede
Kerswas of ou kerse
Vetkryt, in verskillende kleure
'n Ou koffieblik om die was in te smelt
'n Kastrol
Plastiekhouers van verskillende kleure, om as vorm vir die kerse te dien
Foelie
Katoentou vir die pit
Sosatiestokkies
'n Bietjie sonneblomolie om die vorms te smeer
1. Verhit water in 'n kastrol.
2. Smelt die kerswas in 'n ou koffieblik binne die kastrol.
Maak seker dat die water en veral die kerswas nie kook nie.
3. Gebruik vetkryte om die was te kleur na die kleur wat jy verlang.
4. Gebruik 'n plastiekhouer, of vou die foelie rondom 'n glas om 'n vorm vir die kers te kry. Maak seker daar is nie gaatjies of plekke waar die was kan uitloop nie.
5. Gooi 'n klein bietjie sonneblomolie in die vorm om hom te smeer sodat die kers later maklik weer kan uitglip.
6. Bind 'n stukkie tou om 'n sosatiestokkie. Doop dit in die gesmelte kerswas en lê reguit op 'n stuk waspapier neer om droog te word. Dit sal verseker dat die pit reguit in die kers is, sodat dit egalig brand.
7. Plaas die pit in die vorm en gooi die gesmelte kerswas versigtig daarin.
8. Laat die kers op 'n gelyke oppervlak stol en haal dit versigtig uit die foelie of die vorm.
* Werk op 'n oppervlak wat jy maklik skoon kan maak.
* Ou jogurthouers maak uitstekende vorms vir kerse
* Wees versigtig – warm kerswas kan ernstige brandwonde veroorsaak.
* Gooi ysblokkies in die stollende was vir interessante patrone binne jou kers.
* Smelt verskillende kleure was apart en gooi dit laag-vir-laag in die vorms. Laat dit goed set voor jy na die volgende kleur aanbeweeg.
* Gooi kaneel of koffiepoeier in die kerswas vir 'n spesiaal-gegeurde kers.
| e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit het jy al vir ons nuusbrief ingeteken? |
terug na jouleefstyl volgende artikel vorige artikel |

