Voorskoot om in fraai te braai
Rosa Myburgh

deur Rosa Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
Maak self dié nuwe braaivoorskoot – die braaier sal baie trots wees op sy nuwe voorskoot en jy op jou pragtige werk!

voorskootMaak 'n vinnige voorskoot met 3 reghoeke.

Jy het nodig:

* 60 cm denimmaterial
* ±1.65 cm koord of geweefde lint, vir bande
Jy kan ook jou eie bande van denimmateriaal sny.
* Borduurgare of motiewe wat jy wil vaswerk, of materiaalverf

Begin by die onderdeel se reghoek: 75cm by 55cm.
Dan die bostuk: 32cm by 50cm
En dan die sak:  30cm x 34cm

Begin met die onderstuk:
Werk dubbele some aan die sykante en onder in.
Die some is 1 cm breed.

Die bo-stuk:
Vir die bostuk meet 10 cm vanaf elke kant en maak 'n merkie.
Vou op 'n denkbeeldige lyn van die merkie na die teenoorstaande hoek om 'n driehoek te maak – kyk na diagram. Knip.
Werk dubbele soom in kante.
Stik 'n 2 cm-soom in die bostuk se bokant.

Patroon
Diagram: Hoe om die bostuk te sny.

Sak:
Hier kan jy nou kreatief wees.
Versier die sak – deur byvoorbeeld iets op te verf of versierings aan te werk.
Jy kan ook jou borduurvernuf uittoets.

Om die sak vas te werk:
Vou 'n 3cm-soom in die bokant van die sak. Stryk plat.
Vou ook die sykante ± 2cm in. Stryk plat. Die sak werk baie makliker vas
as jy dit platgestryk het.

Merk die middel van die sak en die middel van die onderdeel.
Speld die sak 15 cm van die bokant vas op die merkies.
Stik vas.

Voorskoot

Stik die bostuk aan die onderstuk vas:
Merk die middel van die bostuk en dan van die onderstuk.
Middelmerke lê op mekaar en regterkante teenmekaar.
Stik.

Stik ook soompies in aan die kante van die onderdeel se bokant.

Nou vir die bande:
2 bande van 65cm: werk aan kante.
Vir die nek sny 2 bande van 50 cm.
Stik aan die bokante vas.

Jou voorskoot is klaar! Die braaier sal baie trots wees op dié nuwe braaivoorskoot – en jy op jou pragtige werk!

jougeskenke

1 gelukkige leser kan dié pragtige tuisgemaakte braaivoorskoot wen. SMS die woorde JW SKOOT, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Oktober 2009.

Lees ook die kompetisie-reëls.

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend