|
Vou hierdie pragtige boksies om jou ma se moedersdaggeskenk op sy beste te vertoon. Lees ook hier vir geskenkidees wat jy self kan bak.
Gaan na jou naaste skryfbehoeftewinkel en kyk vir die scrapbooking-papier. Kies jou gunstelinge en spring aan die werk.

Druk die patroon uit.
Indien jy 'n A4-papier gebruik kan jy die patroon sommer daarop uitdruk.
Alternatiewelik kan jy dit uitknip en dan aftrek op die agterkant van jou gekose papier.
Trek al die binnelyne in waarop jy moet vou.
Vou op die stippellyne en plak die twee flappe aan die kante vas.
Druk gaatjies in beide die flappe om 'n toutjie of mooi lint deur te ryg, wat as handvatsel dien. Maak 'n knoop aan die binnekant om dit te verstewig.
Laai die patroon hier af.
Kliek op die klein foto's om deur die galery te blaai.

Hierdie boksie lyk, met net 'n tikkie verbeelding, nes 'n sny koek. Of dan 'n mooi driehoek met 'n deksel.
Druk die patroon uit. Hierdie grootte is net reg vir een medium kolwyntjie of drie klein kolwyntjies; koekies is nog makliker om in te pas.
Indien jy 'n A4-papier gebruik druk die patroon daarop uit. Anders moet jy dit net uitdruk, langs die buitelyne uitknip en op die agterkant van jou papier aftrek.
Trek ook al die lyne in waarop jy moet vou. Jy kan hierdie met 'n liniaal doen om akkuraatheid te verseker.
Plak al die flappe vas, behalwe die wat aan die boonste driehoek, wat as die deksel dien, grens. Jy kan later dit indruk of 'n lint ombind om die flap toe te hou.
Laai die patroon hier af.
Kliek op die klein foto's om deur die galery te blaai.
|
|
|