April 2009
Jaargang 1 Uitgawe 9

 

   Beveg die vaalheid

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

deur Connall Oosterbroek





 

Moenie dat die droewe winter jou onderkry nie –
kikker jou tuin op met blombolle.




Net omdat die winter oppad is, beteken dit nie dat jou tuin in 'n koue, droewe dorsland moet verander nie. Met net 'n bietjie beplanning kan jy 'n blomparadys aanlê om jou omgewing op te kikker. En as jy van 'n kleurvolle tuin hou, is die wonderlike wêreld van blombolle net die antwoord vir jou.

Om jou winter met kleur te verwarm, plant ryk rooi, organiese oranje, prettige pienk en giggelgeel in jou beddings en patiopotte. Hierdie warm kleure sal die illusie gee dat jou tuin hittegolwe uitstraal.

Blombolle is perfek vir klein tuine. Die vorm en kleur van ongeveer twintig bolle, wat in een area gekonsentreer is, sal definitief in 'n klein tuin jou oog vang. Plant eerder 'n massa bolle in een area as om hulle rond en bont deur jou tuin te plant. Elke keer as jy deur 'n venster op jou tuin gaan uitkyk, sal jy die ongelooflike kleur geniet. As jy gegeurde bolle, soos freesias, plant, sal 'n klein tuin die heerlike geur opvang om jou nog meer plesier te gee.

As jy bolle in 'n groep plant, maak seker dat jy op die pakkies lees hoe hoog hulle groei. Bolle wat laag groei sal verlore raak in die middel of agter in die bedding, terwyl hoër variëteite wat voor in die bedding geplant word, die ander plante sal laat wegraak. Kyk ook op die pakkie wanneer die blomtyd is. As jy 'n groot fees van kleur op een slag wil hê, plant variëteite wat almal op dieselfde tyd blom. Alternatiewelik kan jy dié met verskillende planttye saam plant om van midwinter tot aan die einde van lente die kleure te geniet.

Tulpe is die regte juwele van die wintertuin. Elke bol gee vir jou een, pragtige, kelkvormige blom. Bestelvorms vir behandelde tulpe is beskikbaar van jou plaaslike kwekery of direk van Hadeco se webwerf. Temperatuur-gemanipuleerde tulpe moet onmiddellik geplant word na jy hulle ontvang het. Hulle kan warmer weer hanteer, en kan geplant word waar hulle direkte oggend- of middagson kry. Daar is tulpkruisings met geel vlamme wat uitsonderlik mooi vertoon.

Ranonkels is een van die mees populêre bolle vir winter. Hulle is koste-effektief, en lewer 'n pragtige vertoning vir die koue seisoen. Hulle dra groot blomme, met baie verskillende lae, wat met die heldergroen blare kontrasteer. Kyk vir pakkies met helder enkel kleure byvoorbeeld rooi, oranje, donkerpienk en geel. Deur gereeld die dooie blomme af te pluk bevorder jy die groei van nuwe blomme. Pluk dus gerus vir jou huis blomme want dit sal nuwe groei bevorder.

Inheemse freesias moet vroegherfs geplant word – verkieslik waar hulle 'n paar uur oggendson ontvang. Pluk hiervan ook vir jou huis – en geniet die uitsonderlike vorms – van die lansvormige blare tot die trompetvormige blomme – en ook hul ongelooflike reuk.

Lachenalia (vygies) is inheems en daar is meer as 100 verskillende soorte met hul oorsprong in die suid- en suidwestelike streke van ons land. Twee pragtige toevoegings tot die wintertuin is "Robijn" en "Namaqua". "Robijn" het kenmerkende pers op sy stam en blare, wat mooi teen die helderrooi blomme uitstaan. "Namaqua" het dieselfde eienskappe maar dra heldergeel blomme met rooi of oranje punte. Alhoewel die meeste wintersbolle in April geplant word as dit koeler is, moet die Lachenalia reeds teen die einde van Maart geplant wees.

Ixias is nog 'n gewilde inheemse bolplant. Die blomme betower met veelkleurige skakerings van rooi, geel en oranje en die donkerder, kontrasterende middel. Ixias sal met oggend- en laatmiddagson vir ongeveer 'n maand lank 'n pragtige kleur aan 'n randakker of rotstuin gee.
Daar is twee belangrike reëls om te volg as jy winterbolle suksesvol wil plant: Plant die bolle sodra die temperature laer is en die aarde koeler is, en moet nooit dat die grond rondom die bolle se wortels droog word nie. Die beste resultate word verkry as jy die bolle elke vierde dag vir veertig minute met 'n sproeier natspuit. 'n Deklaag sal ook help om die grond koel en klam te hou.

Interessante wenk:

Plant bolplante saam met eenjarige plante. Die eenjariges hou die tuin interessant terwyl die bolle groei, en wanneer die bolle begin blom dien hulle as 'n kleurvolle agtergrond.

Inligting verskaf deur Hadeco – www.hadeco.co.za

jougeskenke

5 lesers kan elk 'n geskenkpak van Hadeco, bestaande uit bolle vir jou wintertuin, ter waarde van R500 elk, wen.
Om vir dié prys in aanmerking te kom, SMS die woorde JW HADECO, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545.

Lees ook die kompetisiereels

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] joutuisblad ] jougeskenke ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
ander uitgawes
jouwêreld Facebook-groep