Oktober 2008
Jaargang 1 Uitgawe 3

 

 

   Haal daai bandana van jou kop af!

jouleefstyl
hoofinhoud
terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel


deur
Rosa Myburgh

 

 

Die helder kleure van The Sunflower Fund se bandanas het ons geïnspireer – nie om dit te dra nie, maar om dit as versiering binne én buite die huis te gebruik.

 

Ons het ‘n klomp mooi helderkleurige bandanas by Pick ‘n Pay gekoop en begin speel: tafeldoeke, teemusse, vatlappies en stoelversierings. Jy kan dit ook sommer gebruik om geskenke toe te draai. Dit was só kleurvol dat ons heeldag net buite wou sit, teedrink en skons met vars aarbeikonfyt eet! Die meegaande foto’s wys inderdaad hoe lekker ons gespeel het.

Bandana-tafeldoek

Dink eers aan jou kleurskema. Daar is baie kleure om van te kies: pers, rooi, swart, geel, wit, groen, blou, pienk en oranje. Jy hoef egter nie verskillende kleure te koop nie; dit lyk selfs mooi om net een kleur te gebruik. Daar is twee opsies: as jy baie van jou ontwerp hou, kan jy dit aanmekaar vaswerk. Of jy kan ‘n wit tafeldoek oor jou tafel gooi en dit dan met verskillende kleure bandanas “versier”. Ons het geel, blou en pienk gekoop. Jy sit bloot net die bandanas teen mekaar soos jy daarvan hou. So skuins oor die tafel lyk dit baie mooi! ‘n Volgende keer kan jy dit weer heeltemal anders maak. As die wind dit deurmekaar en weg wil waai, steek dit skelm aan die onderkant vas met spelde.

 

Bandana-stoelversiering

Sodat jou stoele nie by die pragtige tafel afsteek nie, bind ‘n bandana om die ruglening van elke stoel. Bind dit vas, of steek dit met spelde vas. Jy kan ook stoelkussingoortreksels maak.

 

   

Bandana-teemus

Maak ‘n teemus met helder vrolike kleure – wat by jou tafel pas! Jy het ‘n teemus en ondersteun terselfdertyd ‘n liefdadigheidorganisasie. Terwyl die teemus jou tee warm hou, gee dit kleur aan jou tafel. Dis ook ‘n wonderlike geskenk wat jy binne ‘n uur kan maak. Die teemus se grootte is 25 cm x 35 cm. Om die patroon te maak: Meet op koerantpapier 36 cm af vir die onderkant. Meet vanaf die middelpunt 26 cm na bo vir die hoogte. Teken 'n boog - in die vorm van 'n teemus.  Jy kan twee verskillende kleure bandanas gebruik, aangesien al twee kante gebruik kan word.

Benodighede:
Materiaal:  2 Bandanas (Koop by enige Pick ‘n Pay)
Watteersel: 40 cm

Instruksies:
Knip 6 dele van die patroon uit: 2 vir die buitekant (kleur 1),  2 vir die voering (kleur 2), en 2 dele watteersel volgens die patroon.
Band: Knip 2 reguit stroke van 38 x 6 cm.
(A). Stik 2 dele watteersel aan die twee dele van die hoofkleur aan die ronding en sykante. Die watteersel word aan die verkeerde kant vasgewerk. Dop om, sodat die wattersel aan die binnekant is.
(B) Stik die 2 voeringdele, met die regte kante teenmekaar  - stik die ronding en sykante.
Plaas voering in A. Verkeerde kant van voering teen die watteersel. Stik al die onderkante vas, al in die rondte.

Nou moet jy ‘n band onderaan maak:
Stik die stroke aanmekaar vas om een lang strook te maak. 
Speld die strook teen die onderkant van die teemus vas, regte kante teen mekaar, met ‘n 1.5 cm soom.  Vou die strook twee keer om en stik sodat daar geen roukante sigbaar is nie. 

Nou kan jy ‘n heerlike koppie kersietee maak en sommer jou teemus uittoets!
O ja geniet die tee!!!

‘n Gelukkige leser kan die kleurvolle bandana-teemus ter waarde van R100 wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW TEE, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.

The Sunflower Fund - “Share a little save a life”

Jaarliks word duisende Suid-Afrikaners met leukemia, beenmurg-versaking en -aplasie gediagnoseer. Kinders en jong adolessente maak ‘n groot deel uit van die getalle. Vir baie mense is die enigste hoop op oorlewing ‘n beenmurgstamseloorplanting van ‘n gesonde skenker.
Jou ondersteuning - deur ‘n bandana te koop - help om skenkers te toets. Deur die bandana te dra moedig jy mense aan om die fonds te ondersteun of om self ‘n skenker te word.
Vir meer inligting oor The Sunflower Fund, besoek hulle webwerf:  www.sunflowerfund.co.za. Hulle het ook ‘n tolvrye telefoonnommer 0800 12 10 82.
 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na jouleefstyl
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joutuisblad ] stuur 'n e-pos ] joufiksie ] jouhoofstories ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jouse ] jougeskenke ]