Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

 Is jy en jou kinders gereed vir die langpad?

joukind
hoofinhoud
terug na joukind
volgende artikel
vorige artikel


deur
Karin Bain

e-pos die skrywer


deur Rosa Myburgh

e-pos die skrywer
e-pos jouwêreld

Hier is hulp om die langpad in 'n kort, vreedsame pad te verander . . .


(Foto: http://www.sxc.hu/)

Klein kindertjies in die motor en die langpad is dikwels nie versoenbaar nie: die kinders raak verveeld en pa raak geïrriteerd met hul gekerm.

Die langpad hoef egter nie vir die hele gesin 'n uitmergelende marteling te wees nie – dit is die ideale geleentheid om van dié beskikbare tyd gebruik te maak om deur middel van groepspeletjies kwaliteittyd saam te spandeer. En in die proses van die langpad 'n kortpad te maak – vol pret en aktiwiteite!

Probeer van die volgende speletjies in die motor:

Vir baba:

As baba moeg raak vir sy gewone speelgoed, gee vir hom 'n alternatief wat hom vir lank besig sal hou: vul 'n kussingsloop met gefrommelde koerantpapier om mee te speel. Behalwe dat dié nuwe speelding hom sal fassineer, is dit ook goed om sy tassintuig te stimuleer en vir gehoorontwikkeling.

Vir kleuters:

Teken verskillende gesiggies op die kleuter se vingers, elkeen met 'n ander gesigsuitdrukking: soos kwaad, gelukkig, huil, ens. Nou kan jou kind met behulp van die verskillende karakters op sy vingers, sy eie stories opmaak en dit uitspeel.
Pak 'n dik tou in en maak knope daarin. Die kleuter moet probeer om die knope los te maak.
Pak wasgoedpennetjies in. Die kind moet kyk hoeveel pennetjies hy kan vasmaak aan 'n handdoek, die tou, kledingstuk, of enigiets anders wat jy in die motor het.
As jy meer as een kind het, kan hulle die wasgoedpennetjies vir mekaar met hulle tone aangee.

Skoolgaande kinders:

Merk jul reisvordering: Pak 'n klein kaart of padatlas in en gebruik plakkers om jul roete aan te dui.
Teken: Jy kan iets teken wat jy langs die pad sien en die ander moet raai wat jy geteken het – amper soos Pictionary.
Vertel stories: Die gesin ontwikkel hul eie storie. Pa begin bv. met "Eendag was daar 'n man wat alleen in 'n houthuisie in 'n groot bos gebly het . . .". Daarna kry elke gesinslid 'n beurt om 'n sin by die storie te voeg, totdat die verhaal 'n hoogtepunt bereik het.
Liedjie-raai: Elkeen kry 'n beurt om 'n bekende liedjie te neurie of te fluit, waarna die ander die naam van die liedjie moet raai.
20-vrae: Die eerste persoon dink aan iets, waarna die res 20 vrae kan vra om uit te vind waaraan hy dink. Die een wat eerste reg raai, wen die rondte. Die wenner begin dan met die volgende rondte deur weer aan iets te dink.
Noem 'n naam: Die eerste persoon noem die naam van 'n dorp, stad of plek – bv. "Kaapstad". Dan moet die volgende persoon die naam van 'n dorp, stad of plek noem wat met dieselfde letter begin as dit waarmee die vorige een geëindig het. In dié geval kan dit "Durban", "Dundee" of "De Aar" wees. Name wat die volgende speler dan kan noem, kan insluit "Nooitgedacht", "Elandspoort" of "Rosmead".
Die alfabet: Elke gesinslid kry 'n beurt om, op die alfabet af, vir elke letter 'n naam of woord te kies. Speel in verskillende kategorieë soos Bybelname, plekke, noemname, ens.
Speel jou gunsteling: Elke gesinslid moet sy top vyf gunstelinge saamstel – deel die speletjie in verskillende afdelings op soos liedjies, boeke, lekkergoedsoorte, TV- of rekenaarspeletjies, helde, ens.
Koop 'n CD met ou gunsteling-kinderliedjies. Die hele gesin kan dan saamsing en ook 'n gesamentlike bewegingsroetine op maat van die musiek uitwerk. Die motorbestuurder mag natuurlik nie aan dié aksie deelneem nie! jouwêreld beveel die splinternuwe CD kompilasie-album van Cora Maríe, Sing vir die kinders, wat so pas op die mark verskyn het, aan.
Sodra iemand baklei: Stop en laat die skuldige twee keer om die motor hardloop.
 

jougeskenke

3 lesers kan elkeen Cora Maríe se CD, Sing vir die Kinders, wen.

Dit is 'n kompilasie-album met 15 snitte, spesiaal vir die jongspan uitgereik. Op hierdie CD kan jy onder andere na ou gunstelinge soos Sonbrilletjies luister. Ander liedjies, geskryf deur Pieter Brits, sluit in Vioolman, Droompaleis, Raponsie, Rooikappie, en Dapper Kleremakertjie.
Hierdie CD, wat ure se vermaak aan die jongspan sal bied, is ideaal vir die feesgety.
Dit word deur EMI-Musiek uitgegee, en is nou landswyd beskikbaar. Skaf dit aan en maak van die langpad 'n kortpad tydens jou vakansie!
Om jou gratis CD, Sing vir die Kinders, te ontvang, SMS
die woorde JW KINDERS, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.
Lees ook die inskrywingsvoorwaardes op die
jougeskenke.

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukind
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]