Desember 2008
Jaargang 1 Uitgawe 5

 

Unieke geskenkpapier uit jou hand

joukind
hoofinhoud
terug na joukind
volgende artikel
vorige artikel


deur
Karin Bain

e-pos die skrywer


deur Rosa Myburgh

e-pos die skrywer
e-pos jouwęreld

Verpersoonlik die gesin se kersgeskenke met jul eie tuisgemaakte geskenkpapier – ekonomies, maklik en prettig!

Die maak van jul eie geskenkpapier is 'n lekker aktiwiteit waarmee jou kinders graag sal wil spog. Dit is uniek en skep 'n ander ervaring by die ontvanger van die geskenk, dit verpersoonlik die pakkie en jy gaan ook vir 'n hele dag jou kinders kan besig hou.
So kan ons aanhou om die voordele op te noem, maar kom ons vertel jou eerder hoe om jou eie geskenkpapier te maak!

Wat het jy nodig?

Wit of bruin papier
Verskillende kleure dik waterverf (of maak dié vakansie sommer jou eie verf)
Verfkwaste
Koerantpapier
Gebruikte geskenkpapier
Strooitjie
Aartappels

Wat moet jy doen?

Bedek 'n groot area met koerantpapier om mors te verminder.
Gooi 'n bietjie verf op die papier. Hou die strooitjie naby die verf en blaas.
Drukwerk: Maak stempels van aartappels.
Gebruik koekiedrukkers, verkieslik staal, in verskillende patroontjies, soos 'n ster, 'n sirkel, 'n kersfeesboom, ens. Sny aartappels in die helfte oor die breedte. Druk dan die drukker in die gesnyde deel. Terwyl die drukker nog in die aartappel is, gebruik jy 'n mes om tot teenaan die drukker te sny, so halwe sentimeter diep. Trek dan die stukke aartappel rondom die drukker af. So word die aartappel binne die drukker jou stempel.
Doop die stempel in verf of gebruik 'n verfkwas en verf die aartappel en druk dan op papier. Om hierdie aktiwiteit interessant te maak kan jy ook kurkproppe, 'n metaalpotskuurder, 'n veer, tou of pypskoonmakers gebruik.
Neem gebruikte geskenkpapier en knip prentjies en figuurtjies uit en plak hulle op witpapier. So maak jy jou eie papier.

Verskillende soorte tuisgemaakte verf

Meng seeppoeier met 'n klein hoeveelheid water en klits tot romerig. Kleur met voedselkleursel of verfpoeier.
Meng gelyke dele water, sout en meel. Kleur en sit dit in 'n spuitbottel.
Vingerverf: Meng 2 koppies seeppoeier met 1 koppie water tot dik, of
Meng meel, water en kleursel om 'n dik verf te maak.
Meng 250 ml meel en 250 ml koue water. Voeg 250 ml suiker by en roer. Verhit totdat dit glad is. Voeg dan 3 koppies kookwater by en verhit tot kook. Kleur.

 

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukind
volgende artikel
vorige artikel

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jougeskenke ] joukind ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ] tuisbladsy ]