|
jouleefstyl
Eet dit organies
Tierhoek-organies: Eet jou vrugte – nat of droog!
Toe Bruce en Alison Gilson 10 jaar gelede na die Noree-vallei naby Robertson verhuis het, het hulle besluit om organies te boer - baie van hul bure het egter gedink hulle is van lotjie getik. Maar die Gilson's het hulle nie daardeur van stryk laat bring nie: hulle het voort geboer en het die gebruik van insekdoders, plaagdoders en chemiese kunsmis uitgefaseer. So het hulle die grond verkwik en weer die delikate balans in die omgewing herstel totdat die boorde natuurlik kon floreer. Al hul boorde is nou organies gesertifiseer. Bruce sê dat hulle graag "die grond en bome, sowel as die natuurlewe en die omgewing, vir al die mense in dié pragtige vallei, wou bewaar".
Maar vir Alison was dit nie genoeg nie: toe sy agterkom dat hope verwerpte vrugte net weggegooi word, of vir 'n klein bedraggie geld na die inlê-fabriek gestuur word, het sy begin om die vrugte te droog. Dié gedroogde vrugte bevat geen preserveermiddels of sulfer nie, en dit word in bio-afbreekbare filmsakkies verpak. Later het sy ook die gaping in die organiese konfytmark gesien. Alhoewel sy die organiese vrugte gehad het, moes sy 'n lang pad stap om organiese suiker te kry. Eers nadat haar hele kombuis aangepas is om ook die streng gesondheid- en veiligheidstandaarde te slaag, kon die totale produk as organies gesertifiseer word.
Vandag is Alison se konfyte en gedroogde produkte deur
die SGS, wat internasionaal erken word, as organies gesertifiseer. Die
konfytreeks word baie mooi verpak en onder die "Tierhoek Organic"-etiket
verkoop. Die reeks sluit appelkoos-, perske- en kweperkonfyt en
kweperjellie in. jougeskenke 5lesers
kan elk 'n
geskenkpak, bestaande uit produkte van Tierhoek Organic, wen.
Om hiervoor in aanmerking
te kom, SMS
eenvoudig die woorde JW TIERHOEK, tesame met jou naam en
e-posadres, aan 34780.
Kontak hulle so:
Vir meer inligting oor verblyf, gaan na
www.tierhoekcottages.co.za. Indien jy meer oor die bio-afbreekbare verpakking wil weet, besoek www.goodfortheground.com.
of skryf ‘n brief aan:
|