November 2008
Jaargang 1 Uitgawe 4

 

 


   Eet en kuier organies

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

Tierhoek bied nie net unieke organiese produkte soos konfyte, jellies en gedroogte vrugte nie, maar ook die ideale wegbreek-geleentheid na ‘n idilliese organiese plaas

Toe Bruce en Alison Gilson 10 jaar gelede na die Noree-vallei naby Robertson in die Wes-Kaap verhuis het, het hulle besluit om organies te boer - baie van hul bure het egter gedink hulle is van lotjie getik. Maar die Gilson's het hulle nie daardeur van stryk laat bring nie: hulle het voort geboer en het die gebruik van insekdoders, plaagdoders en chemiese kunsmis uitgefaseer. So het hulle die grond verkwik en weer die delikate balans in die omgewing herstel totdat die boorde natuurlik kon floreer. Al hul boorde is nou organies gesertifiseer. Bruce sê dat hulle graag "die grond en bome, sowel as die natuurlewe en die omgewing, vir al die mense in dié pragtige vallei, wou bewaar".

Maar vir Alison was dit nie genoeg nie: toe sy agterkom dat hope verwerpte vrugte net weggegooi word, of vir 'n klein bedraggie geld na die inlê-fabriek gestuur word, het sy begin om die vrugte te droog. Dié gedroogde vrugte bevat geen preserveermiddels of sulfer nie, en dit word in bio-afbreekbare filmsakkies verpak. Later het sy ook die gaping in die organiese konfytmark gesien. Alhoewel sy die organiese vrugte gehad het, moes sy 'n lang pad stap om organiese suiker te kry. Eers nadat haar hele kombuis aangepas is om ook die streng gesondheid- en veiligheidstandaarde te slaag, kon die totale produk as organies gesertifiseer word.

Vandag is Alison se konfyte en gedroogde produkte deur die SGS, wat internasionaal erken word, as organies gesertifiseer. Die konfytreeks word baie mooi verpak en onder die "Tierhoek Organic"-etiket verkoop. Die reeks sluit appelkoos-, perske- en kweperkonfyt en kweperjellie in.

Om voorsiening te maak vir mense wat op die plaas wil kom kuier en oorslaap, is twee gaste-rondawels ingerig.

"Ons is lief vir die plaas, ons is lief vir die lewe op die plaas en ons wil die ondervinding met soveel mense as moontlik deel. Om mense op die plaas te laat oorslaap, was maar net een manier om dit te doen," verduidelik Bruce. "Maar om hulle 'n deel van ons lewe te laat proe - deur ons konfyte en gedroogde vrugte – is die ondervinding vergroot. Sodoende is die beloning nog meer bevredigend." 
 






jougeskenke

5lesers kan elk 'n geskenkpak, bestaande uit produkte van Tierhoek Organic, wen. Om hiervoor in aanmerking te kom, SMS eenvoudig die woorde JW TIERHOEK, tesame met jou naam en e-posadres, aan 34780.
Lees ook die kompetisie-reëls op jougeskenke

Kontak hulle so:

Vir meer inligting oor verblyf, gaan na www.tierhoekcottages.co.za.
Om meer oor die organiese produkte uit te vind, gaan na www.tierhoekorganic.com.

Indien jy meer oor die bio-afbreekbare verpakking wil weet, besoek www.goodfortheground.com.

Stuur 'n e-pos aan gilson@barvallei.co.za

of skryf 'n brief aan:
Spaarkloof Farm, Tierhoek Organic And Tierhoek Cottages
Posbus 832,
Robertson,
6705,
Suid-Afrika
Tel/Faks 023 626 1191


Iona Palmer en Alison Gilson van Tierhoek

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

joukommentaar

joubesluit beoordeel dié artikel

jou naam*

jou e-posadres*

jou  lewer kommentaar oor dié artikel
* nie verpligtend

     

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] joufiksie ] jouhoofstories ] jouwereld tuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joumenswees ] joupolitiek ] jourubrieke ] jouse ]

 

 

 

 



 



Lees ons ander uitgawes
Augustus

September
Oktober
November
Desember