saamgestel deur Wilna Myburgh




Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Neem die trein, maar hou by Matjiesfontein verby. Besoek eerder een van die oorblywende stoomtreine in George, PE of Durban.

Die Outeniqua Choo Tjoe – George, Wes-Kaap
Apple Express – Port Elizabeth, Oos-Kaap
Umgeni Stoomtrein – Durban, Kwazulu Natal

Die Outeniqua Choo Tjoe – George, Wes-Kaap

Die Outeniqua Choo-Tjoe neem 'n 52 km roete al langs die tuinroete-kuslyn van George tot Mosselbaai. Die roete neem jou onder andere deur Outeniqua, Glentana, Grootbrak, Kleinbrak en Hartenbos tot by Santos Strand in Mosselbaai. Voorheen het die roete ook van George na Knysna gegaan, maar vloede in 2006 het die treinspoor onbegaanbaar gemaak.

Die treinroete wys jou asemrowende natuurtonele en gaan deur valleie wat jy glad nie met die kar kan bereik nie. Probeer dus maar jou bes om die ander mense uit die pad uit te boks sodat jy 'n venstersitplek kan kry – dis die moeite werd!
Daar is selfs tyd om Mosselbaai te verken, voor die trein terugkeer.

Die treine, waarvan die meeste uit 1948 dateer, ry van 11 Januarie tot 31 Maart 2010 en 1 September tot 11 Desember 2010, op Maandae, Woensdae en Vrydae, en van 1 April 2010 tot 31 Augustus 2010 net op Vrydae. Die trein vertrek om 10vm, en wees 'n halfuur voor die vertrektyd daar.

Kontakbesonderhede

tel:                   044 801 8288 / 8289
faks:                044 801 8286
e-pos:              kobus.volschenk@transnet.net
adres:              Outeniqua Vervoermuseum, Missionstraat 2, George of Diaz Museum-kompleks, Santos Strand, Mosselbaai
webwerf:         http://www.onlinesources.co.za/chootjoe/

Apple Express – Port Elizabeth, Oos-Kaap

Die Apple Express is in 1965 as 'n toeristetrein begin. Vanaf 'n klein begin, is daar tans 'n verskeidenheid roetes om van te kies.
Die daguitstappie na Loerie, wat 72 km ver is, is die algemene bestemming. Passasiers kry die geleentheid om oor die Van Stadensbrug te stap en kan verder kies of hulle by Witteklip Stasie of Thornhill Stasie wil afklim. By die Thornhill Stasie kan toeriste Jägerhof Wildreservaat of Thornhill Hotel besoek. By die finale bestemming, Loerie Stasie, kan passasiers hul eie piekniek geniet, of vooraf 'n bestelling vir kos plaas.
Vir skoolgroepe is daar 'n trein na Chelsea Junction.
Daar is ook langer ritte na die Langkloof en op die Patensie-spoor. Verder kan jy ook jou gesin op 'n naweekuitstappie na Patensie of Assegaaibos.

Kontakbesonderhede
tel:                   041 583 4480
faks:                086 685 8251
e-pos:              info@appleexpresstrain.co.za of bookings@appleexpresstrain.co.za
adres:              The Boardwalk Casino & Entertainment World, Summerstrand, Port Elizabeth
webwerf:         http://www.appleexpresstrain.co.za/

Umgeni stoomtrein – Durban, Kwazulu Natal

Met die Umgeni Stoomtrein kry jy die geleentheid om op een van Suid-Afrika se oudste werkende treinspore te ry, wat reeds in die vroeë 1800’s gebou is. Die lokomotiewe self dateer uit 1892 – 1954.

Die Umgeni Stoomtrein bied 'n spesiale uitstappie op die eerste Sondag van elke maand en standaard uitstappies op die laaste Sondag van elke maand.
Die standaard uitstappies bestaan uit die roete tussen Kloof en Inchata. Dit sluit onder andere 'n besoek aan die opregte stasierestaurant, Kloof’s Stokers Arms Station, in vir 'n yskoue bier.
Tydens spesiale uitstappies neem die trein die spoor na Baynesfield, Crammond / Bon Accord, Wartburg, Nottingham en Pietermaritzburg. Die roete na Nottingham sal op Sondag, 21 Maart 2010 vir die laaste keer onderneem word, aangesien dit daarna te duur gaan wees.
Ander spesiale uitstapies sluit in dié na jaarlikse feeste in die omgewing, asook die Comrades en Carols by Candlelight in.

Besoek die webwerf, sluit aan by hul facebook-groep, of kontak hulle om te hoor watter interessante roetes daar beskikbaar is.

Kontakbesonderhede
tel:                   031 303 3003 of 082 353 6003 (Robbie)
faks:                086 699 0239
e-pos:              robbie@umgenisteamrailway.co.za
adres:              Kloof Stasie (Stokers Arms) en Inchanga Stasie, Kloof, Durban
webwerf:         www.umgenisteamrailway.co.za
facebook          http://www.facebook.com/group.php?gid=170162835394

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend