druk hierdie bladsy uit
e-pos hierdie artikel

 


Maart 2009
Jaargang 1 Uitgawe 8

 

   'n Fees vir die oë en sintuie

joukontrei
hoofinhoud
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel


deur
Naomi Myburgh
 

Die Strandkombuis is presies wat die naam sê: 'n kombuis op die strand

 


Die Strandkombuis



Seekos-ervaring geskik vir 'n koning

Die Strandkombuis aan die Weskus is beslis 'n besoek werd vir seekos- en natuurliefhebbers. En dit is presies wat die naam sê: 'n kombuis op die strand. Hiér word daar gebak én oor die kole gebraai.
Die Strandkombuis kan slegs per grondpad, of per voet oor die 16-myl spierwit sandstrand, bereik word. Grondpad sal jou ongeveer vyf kilometer uit Yzerfontein neem en strand-langs vereis 'n fikse 20 minute staptog.

Die Strandkombuis, met sy ruwe houttafels en –bankies, en 'n boot wat digby die tafels in die seesand lê, smelt perfék saam met die omgewing. Die enigste "onnatuurlike" toevoeging is die markiestent, maar dit dien wél sy doel – dit keer die Kaapse Suidooster weg en sorg dat die wind nie jou kos vol seesand waai nie.

Natie en Marie se etes beloof om 'n gastronomiese ervaring te wees – soos die vissop voorgesit met tuisgebakte wit- en bruinbrood, konfyte en vispatee. Tydens die hoofgereg kreun die tafels onder bakke met calamari, mossels, koningklip, snoek en garnale. Maar die einde is nog nie in sig nie: Skep gerus ook 'n pampoenkoekie, aartappelwiggies en slaai in!

Neem 'n blaaskans voor nagereg en stap met die paar houttrappies af strand toe terwyl die sand salig deur jou tone kriewel. As jy genoeg moed het, kan jy lyf natmaak in die koue Atlantiese Oseaan. Wees egter versigtig:  Dis nie 'n swemstrand nie.

Dié romantiese ligging is ideaal vir huweliksonthale, en menige bruidspaartjies het inderdaad al hier op die strand die knoop deurgehaak. Korporatiewe funksies is ook besonder gewild. Die "kombuis op die strand" is 'n gunsteling onder Europeërs. Sommige kom trou of vier sommer 'n verjaarsdag hier en bly 'n paar dae oor. Wat Suid-Afrikaners aanbetref – hier tref jy die onopgesmukte, stylvolle alternatiewe denker en leefstylghoeroes aan – dié wat wil wegkom van formele mensgemaakte-dinge.

Dus, as jy jou ete met koffie en vet boere-koeksisters afgesluit het, is jy welkom om nog te ontspan en die vars seebriesie te geniet. Hiér het die tyd stil gaan staan.

 


Yzerfontein se sestienmyl-strand


Foto's op die strand


Pas die knoop deurgehaak . . .


'n Groepie vriendinne in 'n ligte luim


'n Tafel gedek in see-styl

Werd om te weet

* Die Weskus-aandlug kan geniepsig byt – bring iets warm saam
* Besprekings is noodsaaklik. Kontak Natie of Marie by 082 575 9683 of per e-pos by marie@strandkombuis.co.za / strandkombuis@mweb.co.za
* Yzerfontein lê in 'n noordelike rigting van Kaapstad – neem die R27 en draai links op die R315 wat jou direk na dié kusdorpie sal neem

e-pos hierdie artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
 

terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel

  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy

 

Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!

jouapplous ] jouhoofstories ] jousê ] jourubrieke ] joupolitiek ] joumenswees ] joutuisblad ] joukontrei ] jouleefstyl ] joufiksie ]

 

 

Opsoek na enige
onderwerp in jouwêreld?
Deursoek ons hier!

Google
Custom Search

joutuisblad
jouhoofstories
joumenswees
joupolitiek
jouapplous
jouleefstyl
joukontrei
jou
jourubrieke
joufiksie
jougeskenke
 
gratis nuusbrief
vertel jou vriende
medewerkers
adverteer
wie is ons
 
vorige uitgawes
jouwêreld Facebook-groep