'n Aand uit saam met klassieke
en moderne spoke



Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend

Die Pretoria Spookbustoer-produksie neem gaste op 'n toer deur die donker strate van Pretoria, weg uit die beskawing soos wat hulle dit ken. Op 'n aand uit met insig oor die bo-natuurlike en vertellings van die gestorwe geeste wat steeds in sommige geboue van die stad wandel.

Na die Pretoria Spookbustoer-produksie gaste reeds vir die afgelope 5 jaar op 'n toer deur die donker strate van Pretoria neem, het dié produksie se 2010 seisoen onlangs weer afgeskop.

Wat kan jy verwag? Wanneer jy op die toerbus klim, sal jy weggeneem word uit die beskawing soos wat jy dit ken, waarsku Rozanne Myburgh, die toer-navigator. “Beleef 'n aand van geskiedenis en insig in die bo-natuurlike. Belééf die unieke Spookbus-teater-op-wiele-produksie. Op 'n aand uit wat nooit vergeet sal word nie.”

Die Pretoria Spookbus is 'n teater-op-wiele produksie met 'n unieke kinkel in die kabel: gehoorlede kry op 'n interessante wyse, gemeng met 'n goeie skeut humor, meer inligting oor daardie vreemde verskynsels wat almal fassineer: die bo-natuurlike, die buitengewone – die vreesaanjaende. En in die proses leer hulle meer oor die geskiedenis van die ou geboue in Pretoria én van hul voormalige inwoners – waarvan sommige tot vandag toe nog daar ronddwaal!

Wanneer die swaar hek van die Pretoria-kerkhof later die aand agter die gehoor toeskuif, sal besef word dat daar nou geen omdraaikans meer is nie. Hiér, in die kerkhof, word onder andere gehoor van die wyse waarop die geesteswêreld voortdurend met hul lewende geliefdes op aarde kommunikeer.

Die aanbieding bestaan uit 'n oorsig van die geskiedenis en wetenskap van die bo-natuurlike, verduidelikings van die verskillende tipe spoke en ander vreemde verskynsels wat 'n mens kry, asook vertellings van die bekendste spoke wat in Pretoria wandel.
Tydens die aand ry die bus by verskeie ou geboue in die stad verby, waartydens die aanbieder, Jaco Hough-Coetzee, die geskiedenis van die geboue, asook van die gedokumenteerde spookverhale wat daar afspeel, sal vertel.

Van die bekendste ware verhale waarna daar uitgesien kan word, sluit in dié van die gifmoordenares Daisy de Melcker, die ou verpleegster in die Breytenbach-teater, die poltergeist in die Mea Vota-gebou asook die bekende verhaal van die spookmeisie van Uniondale.
Die pragtige Erasmushuis – ook bekend as die Ou Spookhuis of die Erasmuskasteel – bied sy eie nostalgiese geskiedenis en onopgeloste vraagstukke. Op Kerkplein weer is twee herhaalgeeste wat gereeld by een van die ou geboue opgemerk is.
Behalwe vir vertellings van bekende en klassieke spookverhale, word ook onlangse ware verhale vertel van mense wat kontak met die geesteswêreld gehad het, of 'n spookverskynsel waargeneem het.

Orbse, of te wel die energiegolwe waarin geeste beweeg, manifesteer gereeld op toergangers se kameras.

Verder gedurende die aand word meer inligting gegee oor die bo-natuurlike, die verskillende tipe spoke wat 'n mens kry, die geesteswêreld en die manifestasies van geeste.
Verduidelikings word gegee oor die energievelde waaruit die geesteswêreld bestaan, hoe dit reeds in die mens aanwesig is en waarom dié energie nie geskep of vernietig kan word nie, maar slegs verplaas kan word.
Die gehoor leer meer oor die ontstaan van herhaalgeeste, die interaktiewe spook en enkelverskyninggeeste.

Wanneer die swaar hek van die Pretoria-kerkhof later die aand agter die gehoor toeskuif, sal besef word dat daar nou geen omdraaikans meer is nie. Hiér, in die kerkhof, word onder andere gehoor van die wyse waarop die geesteswêreld voortdurend met hul lewende geliefdes op aarde kommunikeer.

In die kerkhof word hulde gebring by die graf van 'n wêreldbekende enkelverskyninggees.




Die Pretoria Spookbustoer-produksie begin om 19:00 op Saterdagaande, en eindig weer om skuins na 23:00.
Vir aanlynbesprekings en meer besonderhede oor die toer, besoek www.spookbus.co.za, óf stuur 'n e-pos aan ptaspooktoer@gmail.com.
Sluit ook aan by die FaceBoek-groep.

jougeskenke
10 Gelukkige lesers kan elkeen 'n dubbelkaartjie wen vir die Pretoria Spookbustoer-produksie. Dié prys kan gebruik word vir enige aand tydens die 2010-seisoen volgens die wenners se keuse, maar is onderhewig aan sitplekbeskikbaarheid vir die gekose aand.
SMS die woorde JW SPOOK, tesame met jou naam en e-posadres, aan 36545 voor 31 Maart 2010.

Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)

e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na joukontrei
volgende artikel
vorige artikel
  Bookmark and Share Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend