'n Bybel vir jou
Lindi van Eeden lees vir 'n inwoner 'n Bybelstorie. |
Solidariteit Helpende Hand het verlede maand, ter viering van die Afrikaanse Bybel se 77ste verjaarsdag, Bybels uitgedeel aan die 106 inwoners van die Bredell-plakkerskamp aan die Oosrand. Tydens hierdie aksie, wat in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gehou is, het 24 kinders hul eerste helderkleurige Kinderbybels gekry. Aan die volwassenes is standaard Bybels, en aan die senior burgers Bybels in grootdruk, gegee.
“Vir die mense van Bredell wat elke dag in haglike omstandighede moet bly en sonder die nodige lewensmiddele moet klaarkom, is 'n Bybel in hul eie taal soos 'n oase,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
Hy meen die meeste mense aanvaar toegang tot 'n Afrikaanse Bybel as vanselfsprekend, “maar navorsing wat Helpende Hand in wit plakkerskampe gedoen het, wys dat baie minderbevoorregte Afrikaners nie Bybels besit nie.”
Kyk, ons eie Kinderbybels, roep dié groepie plakkerskamp-kinders uit. |
Hy sê dit is juis plakkerskampinwoners wat deur Jesus se oë na hul eie omstandighede moet kyk om te besef dat hulle beter is as hulle omstandighede.
“Sonder Bybels kan die inwoners van die meer as 430 wit plakkerskampe landswyd nie besef watter juwele van wysheid oor roeping, verantwoordelikheid en werk in die Bybel opgesluit lê nie.”
Langner voel Bybels is 'n broodsaak vir die oorlewing van elkeen van die 600 000 Afrikaners in Suid-Afrika wat nie net materiële armoede beleef nie, maar ook geestelike armoede.
Ná die uitdeel-aksie het tientalle kinders opgewonde deur hul nuwe kleurvolle Kinderbybels begin blaai, terwyl verskeie bejaardes hul dankbaarheid vir die grootdruk-Bybels uitgespreek het.
| e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit het jy al vir ons nuusbrief ingeteken? |
terug na joukontrei volgende artikel vorige artikel |
| joufiksie | jougeskenke | gratis nuusbrief| medewerkers | adverteer | wie is ons?

Lindi van Eeden lees vir 'n inwoner 'n Bybelstorie.
Kyk, ons eie Kinderbybels, roep dié groepie plakkerskamp-kinders uit.